Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Alpha

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Theronstraat 12, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Alpha is in 'n stil straat in Sutherland geleë. Sutherland is die koudste dorp in Suid-Afrika en lê tussen die westelike Roggeveldberge in die Noord-Kaap se Karoo.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste in 2 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kothuis het 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -sitarea. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, yskas, gasstoof, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Braaigeriewe is buite beskikbaar. Die sitarea het 'n kaggel vir koue wintersaande en daar is braaigeriewe buite. Veilige parkeerplek, DStv en gratis WiFi is ook beskikbaar.

Sutherland is bekend vir sy reuseteleskoop by die sterrewag, net so 15 km buite die dorp waar dag- en aandtoere aangebied word. Die museum, die geboorteplek van die Afrikaanse skrywers en digters, N.P. van Wyk Louw en sy broer, W.E.G. Louw, is 'n besoek werd, so ook die Nederduits Gereformeerde Kerk met sy pragtige orrel en Boereoorlog-geskiedenis. Die Planetarium in die dorp wys interessante 3D-films en daar is ook ander privaat sterrekykgeleenthede.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.0
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Donovan C
Saam met vriende
5.0
Very neat and clean. Accommodation was clean and neat. Good value for money.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Reinette V
Besigheidsreis
5.0
Sal beslis weer kom oorslaap. Pragtige plek, skoon en netjies.
Feb 2024
Rolene K
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige siels vervullende kuiertjie gewees. Voel verkwik. Baie lekker plekkie.
Nov 2023
Vds B
Saam met lewensmaat
4.8
Alpha was weer die perfekte verblyf en soveel vir geld. Alles was perfek in plek en ons het dit soveel geniet.
Des 2023
Riana B
4.6
Heerlike plekkie, netjies en skoon. Baie lekker. Het regtig net oorgelaap. Huis was netjies, elke kamer het eie badkamer. Dit was heerlik.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Ester Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 145

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Theronstraat 12, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
  • Gaste dink Alpha het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Theronstraat 12, Sutherland, 6920, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNmMTZiZmMwLWFiYmYtNDExMC1iMGE1LTc2N2ZkYzcwMWNlMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense 56 5 1 5 12 Theron Street Sutherland 6920 Noord-Kaap 021 201 8901 13:00-18:00 10:00 -32.398491658879 20.662678386045

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang