Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

AlteMooi

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooiklippiesstraat, Breedezicht Estate, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

AlteMooi bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde vierslaapkamerhuis op die Breedezicht Landgoed in die kusdorp Witsand. Gaste kan die lieflike panoramiese uitsig oor die Breederiviermond vanaf byna elke kamer in die huis geniet.

Hierdie dubbelverdiepinghuis het 3 slaapkamers bo waarvan 1 en suite is. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 dubbelstapelbeddens. Daar is 'n groot tweede badkamer met 'n bad, wasbak en 'n stort. Al 3 kamers lei na 'n balkon wat suid front en dit is ideaal vir skemerkelkies, koffie in die oggend, om te ontspan, sonba of lees.

Onder is daar 'n ruim leefarea met 'n kroegarea en ingeboude braaigeriewe, asook 'n aparte eetkamer. Die oopplan-kombuis het 'n opwaskamer en is toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, elektriese oond, dubbeldeurvrieskas en 'n mikrogolf.

Die vierde slaapkamer is op die grondverdieping en het 'n dubbelbed en 'n gastebadkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die huis het 'n volledig omheinde agtertuin en 'n skitterende, blou swembad. Daar is genoeg parkeerplek. Die motorhuis is slegs beskikbaar aan gaste wat vir 10 dae of meer bespreek.

Die landgoed het 'n speelarea met swaaie en klimrame vir kinders. Die huis is geskik vir 6 volwassenes en 4 kinders.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

2 x Kinderstapelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Jeandre N
Gesin met klein kinders
5.0
Asemrowend. Baie gerieflik en lekker gebly.
Sep 2024
Jaco K
Saam met vriende
4.8
Baie geniet. Sal dit vir seker aanbeveel. Baie mooi en netjiese huis met alle geriewe wat jy nodig het.
Mrt 2024
Johan L
4.8
Goeie plek vir gesinstyd. Heerlik toegerus. Al probleem was braaiplek wat ontsettend baie rook in huis. Aandag aan die trek van die skoorsteen sal 'n ...
Sien meer
Mei 2023
Nicomie V
Saam met lewensmaat
4.4
Rustig, samesyn. Ons het heerlik gerus en gekuier. Die binnebraai maak dit perfek vir die winter.
Jun 2024
Karen S
Saam met vriende
4.0
AlteMooi is uitgelê vir 'n groter groep mense wat saam kuier maar die kombuisware akkommodeer die die groter groep nie, en definitief nie kleiner k...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Anthea Geverifieer

Eiendomme 12

Resensies 144

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Rooiklippiesstraat, Breedezicht Estate, Witsand, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink AlteMooi het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooiklippiesstraat, Breedezicht Estate, Witsand, 6666, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb8c7f94b405ef671f10b452501565786710ac026922f0f7beef50d70ec7cc7f733303f43d1badaf84499027c3c3545384aa0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 10) 13 5 1 5 Rooiklippies Street Breedezicht Estate 6666 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.395883174419 20.822589596017

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang