Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Altyd Tuis

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suurfontein, Lambertsbaai, Lambertsbaai, 8135, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Altyd Tuis bied selfsorg-eenhede en is aan die Weskus geleë, omtrent 8 km van Lambertsbaai af. Dit spog met 'n rustige plaas-atmosfeer en asemrowende uitsigte oor die natuurlike omgewing en is net oorkant The Dunes geleë wat hope 4x4-pret voorsien.

Daar is 9 eenhede wat volledig gemeubileer is: 'n woonstel, 3 tweeslaapkamerhuisies, 1 drieskaapkamerhuis en 4 eenslaapkamer-eenhede. Elke eenheid is identies versier, netjies en gerieflik om 'n goeie selfsorgwegbreek te verseker. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n induksiestoofplaat in.

Elke huis het sy eie buitebraaigeriewe met die mooiste uitsig oor die swembad en natuurlike besienswaardighede. Altyd Tuis is perfek vir paartjies, vriende of gesinne wat net 'n bietjie wil wegbreek en tyd saam wil deurbring in ’n rustige omgewing.

Lambertsbaai is bekend vir die opelug-restaurant, Muisbosskerm, en die voëleiland waar witmalgasse broei net 'n kort entjie se ry van hier af.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 133 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Malé S
Saam met vriende
5.0
Rustig. Dit was 'n wonderlike verblyf met vriende. Dit was 'n rustige atmosfeer. Als wat ons nodig het, was beskikbaar. Die ontvangs was baie swak, ma...
Sien meer
Nov 2024
Christel J
5.0
Mooiste sonsopkoms. Lekker rustige atmosfeer. Baie lekker gebly. Baie lekker plek as oormoeg is om te gaan rus en net ontlaai. Sal nogal 'n muurhorlos...
Sien meer
Nov 2024
Shanah D
5.0
Clean, amazing, comfortable with an amazing host! Amazing, simple but with all the necessary luxuries! We hosted our children's 21st an...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Anita B
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het baie lekker gekuier. Die akkommodasie was skoon en netjies. Ons het heerlik gebly vir 2 nagte. Dit was stil en rustig soos ons dit verkies.
Aug 2024
Amy W
5.0
We were there for two short nights and had a great time unwinding and relaxing. Altyd Tuis exceeded my expectations and we will definit...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Maraina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 133

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Suurfontein, Lambertsbaai, Lambertsbaai, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Altyd Tuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 600
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suurfontein, Lambertsbaai, Lambertsbaai, 8135, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk4YjNjNmM4LTE0OGQtNDM0NC1iM2I1LTAyOTJhMWZlOGFmNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 2) 133 5 1 5 Suurfontein Lamberts Bay 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -32.105707264345 18.396993797393

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang