Alveston Manor
- Kapasiteit: 27 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hexrivierstraat 21, Aerorand, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Vanaf R1 104 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Welkom by die statigste huis, Alveston Manor, wat in die prentjiemooi dorpie, Middelburg, geleë is. Met só 'n tradisionele naam is dit duidelik dat ons instansie spreek van 'n elegante era en Engelse tradisies. Ons bied pragtige, ruim kamers vol klas en karakter. Alveston is vernoem na die Tudor Herehuis wat in Stratford Upon Avon in Engeland geleë is waar die eienaars vir jare gewoon het. Dis William Shakespeare se tuisdorp en die dorpie se bekoring het hierdie paartjie geïnspireer om hul gastehuis hier in Suid-Afrika met 'n verskeidenheid ingevoerde Engelse meubels en skilderye te versier.
Die Alveston Manor House bied 'n verskeidenheid dubbel-, 2-enkelbed- en gesinskamers, sowel as 'n Executive-kamers. Elke kamer is goed ingerig en bied vele dienste. Ons het ook 'n groot konferensiekamer met genoeg sitplek vir 70 afgevaardigdes. Ons tradisionele Manor-restaurant kan spyseniering vir tot 65 mense bied. Daar is oorgenoeg veilige parkering. Alveston Manor bied werklik alles wat jy nodig het vir sake, plesier en 'n luukse oornagplek.
Ons is halfpad tussen Johannesburg en Mbombela (Nelspruit) geleë op die Maputo Corridor. Dis die ideale ligging vir 'n oornagplek op pad na die Laeveld of Mpumalanga. Dit is ook gerieflik naby aan die Middelburg Mall en die N4-hoofweg. Vir die sakereisigers se gerief is ons naby aan al die hoof-industrieë, myne en kragstasies in die area ... tog is ons in 'n rustige, pragtige woonbuurt geleë.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Jacuzzi
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
- Rekenaar Netwerklewering
- Internet
- Televisie
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Hendri Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Hexrivierstraat 21, Aerorand, Middelburg, 1050, Mpumalanga
- Gaste dink Alveston Manor het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Aerorand Middelburg Loskopvallei Mpumalanga
- Kapasiteit: 27 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hexrivierstraat 21, Aerorand, Middelburg, 1050, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang