Amakhala Woodbury Lodge
- Kapasiteit: 16 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: N2 tussen Port Elizabeth en Grahamstad, Paterson, 6139, Oos-Kaap
- Vanaf R14 740 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Woodbury Lodge is in 1999 deur die Gush-familie oopgemaak en is op die Amakhala Wildreservaat. Dié lodge bied 'n afgeleë plek om die Groot 5 in die hartjie van die Oos-Kaapse bosveld te sien. Dit skuil teen 'n krans in die lowerryke bosveld naby 'n rivier en bied 'n pragtige uitsig oor die Boesmansriviervallei.
Daar is 7 gerieflike grasdak-kliphuise wat deur inheemse bome vol voëltjies omring word. Elke eenheid het lugversorging, 'n en suite-badkamer met ondervloerverhitting en 'n privaat dek met 'n uitsig oor die vlakte. Daar is 2 gesinslodges wat elk slaapplek vir 4 gaste het. Omdat die eenhede so afgesonder is, die badkamers pragtig ontwerp is en daar individuele ontspanningsareas buite die lodges is, sal gaste die unieke landskap en pragtige uitsigte in luukse privaatheid kan geniet.
Die eetareas en sitareas bied toegang tot 'n dek met 'n uitsig oor Woodbury se vlaktes. Hier kan gaste die sonsopkoms of 'n skemerkelkie geniet. Alle etes, drankies en 2 wildritte per dag is ingesluit.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Drankies ingesluit
- Middagete
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Rekenaar Netwerklewering
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- N2 tussen Port Elizabeth en Grahamstad, Paterson, 6139, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Greater Addo Oos-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: N2 tussen Port Elizabeth en Grahamstad, Paterson, 6139, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang