Amazing Modern Beach House
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voëlkliplaan 41, Jongensfontein, 6674, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Amazing Modern Beach House is 'n moderne selfsorgvakansiehuis op 'n heuwel in Jongensfontein. Dit bied 'n rustige wegbreek met 'n lieflike see-uitsig naby besienswaardighede op die Tuinroete.
Dié minimalistiese huis is smaakvol versier en beskik oor 2 ruim en suite-slaapkamers met 'n uitsig oor die see. Die slaapkamers het elk 'n ekstra lang koningingrootte-bed, vars wit linne en elke badkamer het 'n stort of 'n bad, en 'n toilet.
Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste kan hul maaltye by die etenstafel in die huis of in die binnehof geniet. Die groot binnehof het 'n oop braai, 'n gasbraai, sonstoele, 'n etenstafel en 'n vuurput. Daar is ook 'n swembadjie waar gaste met 'n glasie wyn voor die see-uitsig kan afkoel. Die buitestort in die binnehof het warm en koue water.
Die sitareas het skuifdeure van die vloer tot by die plafon en dit bied 'n ongelooflike uitsig oor die see. Dis ideaal vir gaste wat walvisse in seisoentyd wil sien. Daar is 'n TV met die volle DStv-pakket, 'n Explora-dekodeerder en WiFi. Daar is ook 'n kaggel in die sitarea vir koue winteraande.
Parkeerplek op die perseel is beskikbaar.
Amazing Modern Beach House is 900 m van die swemstrand af en 13 km vanaf Stilbaai wat verskillende winkels en restaurante bied.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Leo Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 125
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Voëlkliplaan 41, Jongensfontein, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Amazing Modern Beach House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Jongensfontein Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voëlkliplaan 41, Jongensfontein, 6674, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang