Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Amber Moon

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paul Kruger-straat 161, Kosmos, Hartbeespoort, 0261, Noordwes
  • Vanaf R1 750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Amber Moon bied gaste die perfekte geleentheid om in 'n eksklusiewe, klein privaat galery te bly. Dit is hoog in die Magaliesberg-dorpie Kosmos geleë, met 'n uitsig oor die Hartbeespoortdam.

Die huis het 1 pragtige slaapkamer wat ingerig is met lugversorging, 'n koninggrootte-bed, spa-bad, stort en 'n aparte toilet. Die woonstel se moderne kombuis is volledig toegerus met 'n ontbythoekie en daar is sekere DStv-kanale in die sitkamer/galery beskikbaar. Die huis spog ook met 'n groot terras wat beskik oor gasbraaigeriewe, buitemeubels en 'n uitsig oor die seiljagklub. Ongelukkig laat ons geen kinders of troeteldiere toe nie en rook is streng verbode in die woonstel.

'n Tweede en suite-slaapkamer met lugversorging is op versoek beskikbaar. Die kamer het slaapplek vir 2 gaste.

Gaste is welkom om enige van die talle besienswaardighede in die omgewing te besoek. Hierdie besienswaardighede en doendinge sluit in: natuurroetes al langs die woudagtige Kosmos-waterfront, die kabelkarretjie by Hartbeespoort, De Wildt-jagluiperdplaas, die apie-bewarea, die olifant-bewarea, Van Gaalen's Kaasplaas, die dieretuin en slangpark, die Chameleon Village, Chris Tugwell Kunsgalery, Art d'Afrique Galery, Sun City en Pilanesberg, die Wieg van die Mensdom, warmlugballonvaarte en 'n hele aantal gholfbane.

Restaurante in die omgewing sluit in: The Silver Orange, Stef's Table, Die Ou Pastorie, Harbour Café, Leopard Lodge, La Terrazza en Squire’s on the Dam.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Spa-behandelinge
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 72 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Jaco K
Saam met lewensmaat
5.0
Dit is 'n ongelooflike plek. Pearl is 'n fantastiese gasvrou. Ons het vreeslik lekker gebly. Die uitsig is asemrowend. Sal vir seker weer daar tuis ga...
Sien meer
Des 2023
Mariaan N
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful, quiet and serene. It was great! We had a very good time. The view is absolutely beautiful. There is also a great restaurant ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2023
Biance S
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut asemrowend. Wonderlike plek. So mooi en die uitsig oor die dam is asemrowend. Die stoep is die lekkerste plekkie om op te kuier saam jou bete...
Sien meer
Mei 2023
Eugene L
Saam met lewensmaat
5.0
Ongelooflike uitsig. Die uitsig en sonsopkoms oor die dam is baie besonders.
Mrt 2023
Theo V
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike wegbreeknaweek. Waarde vir geld in 'n baie rustige omgewing.
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Pearl Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 72

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Paul Kruger-straat 161, Kosmos, Hartbeespoort, 0261, Noordwes
  • Gaste dink Amber Moon het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Paul Kruger-straat 161, Kosmos, Hartbeespoort, 0261, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcyOWYwNjI3LTk5YTEtNGFhNy1hOWJkLTE2M2FhNWQ3OGU3ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag, vir 2 mense 72 5 1 5 161 Paul Kruger Street Kosmos 0261 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.735853 27.8533626

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang