Amber Place
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fiskaalweg 4, Kampsbaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
- Vanaf R26 709 per nag (plek vir 16)
Beskrywing
Amber Place is 'n groot selfsorg-villa met 8 en suite-slaapkamers wat ideaal is vir groot groepe vriende of familie. Die villa se ligging is uitstekend en dit spog met 'n uitsig oor Kampsbaai se strand en op die majestueuse Twaalf Apostels.
Die villa beskik oor 2 verdiepings en bied slaapplek aan 16 gaste. Van die 8 slaapkamers is daar 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk, 1 slaapkamer het 'n dubbelbed, 2 slaapkamers met koningingrootte-beddens en 3 slaapkamers met koninggrootte-beddens. Daar is 3 slaapkamers op die grondverdieping met uitsigte oor die swembad en die see, en een van hulle front na 'n binnehof in die tuin. Baddens, storte, of albei is in die en suite-badkamers beskikbaar. Die dekor is neutraal met kleurvolle aksente wat deur Afrika se natuurskoon geïnspireer is. Daar is 'n fantastiese uitsig oor die see vanuit die sitarea, leefarea, mengeldrankie-kroeg, swembad, balkonne en sommige van die slaapkamers.
Daar is 'n ruim sitarea met 'n gaskaggel, 'n eetarea, TV-kamer, gastebadkamer met 'n stort en 'n mengeldrankie-kroeg met gemaklike sitplek. Die ruim kombuis is goed vir selfsorg toegerus. Die villa het ook 'n sigaarkamer, 'n HD-Plasma-TV met DStv, 'n DVD- en Blu-ray-speler, 'n klankstelsel en ander geriewe.
Daar is 5 slaapkamers op die eerste verdieping waarvan 2 na 'n groot balkon lei en 'n uitsig oor die swembad en die see bied. Die res van die slaapkamers het uitsigte op die Twaalf Apostels. Daar is ook 'n gemeenskaplike sigaarkamer en 'n balkon waar gaste in die sonnetjie kan ontspan en die berg-uitsig kan bewonder.
Die ten volle toegeruste kombuis is 'n sjef se droom. Dit is met 'n skottelgoedwasser, 2 yskaste, 2 ingeboude oonde, 'n stoof, wasmasjien, tuimeldroër en ander geriewe toegerus. Die leefareas lei na die dek en binnehof waar daar braaigeriewe, buitemeubels en 'n swembad is. Die swembad kan in die winter verhit word.
By die swembadarea is daar 'n see-uitsig en 'n etenstafel onder 'n Balau-afdak. Die tweede stoep bied 'n uitsig oor die grasperk en dit is die ideale plek om ontbyt te geniet.
Die villa is net 250 m van een van die CitySightseeing-bushaltes af. Verder is dit net 10 minute se ry vanaf die middestad en die V&A Waterfront, en sowat 5 minute se ry vanaf Kampsbaai se strand, restaurante en winkels.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Robyn Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 3
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Fiskaalweg 4, Kampsbaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kampsbaai Atlantiese Seekus Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fiskaalweg 4, Kampsbaai, Kaapstad, 8005, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang