Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Amberley Mountain Reserve

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Holingsberg-weg, Amberley Bergreservaat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R6 500 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Amberley Mountain Reserve is in die privaat Amberley Bergreservaat van 900 ha naby Dullstroom geleë. Die lodge spog met uitstekende uitsigte oor 'n vallei met 4 foreldamme en 'n rits kleinwildspesies soos swartwildebeeste, sebras en springbokke.

Die dubbelverdieping lodge het slaapplek vir maksimum 12 gaste, insluitend kinders van alle ouderdomme. Verblyf word in 6 slaapkamers aangebied. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die derde en vierde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Op die boonste verdieping is daar 'n hoofslaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens. Dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n opwasarea.

Die ruim leef- en kuierarea het 'n oop kaggel, pasgemaakte kroeg en 'n groot eetarea. Die eetarea lei na 'n groot onderdakstoep met 'n braai, buite-tafel, swembad en 'n uitstekende uitsig. Die TV-sitkamer het DStv en 'n kaggel. Die sitkamer is apart en word via die kombuis bereik.

Die lodge word deur 'n skoonmaakdiens skoongemaak. Gaste kan enige tyd in die swembad afkoel.

Die Amberley-foreldamme is lekker vol en slegs gaste mag gedurende hulle verblyf hiér hengel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 12 mense 6 Slaapkamers 5 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Justino J
Gesin met tieners
5.0
Excellent, exceptional, memorable. The stay was awesome. The staff were exceptional, the beauty of the mountains and the ever-changing ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Tamson S
Saam met vriende
5.0
A place outside of time. The quiet and serenity of Amberley Mountain Reserve is unlike anything I have ever experienced on holiday. The...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2023
Catharina R
5.0
Gemaklike, groot en luukse verblyf buite Dullstroom. Amberley is 'n lieflike, ruim huis sowat 20 km buite Dullstroom. Die huis is ten volle toegerus e...
Sien meer
Aug 2023
Weila-marie S
5.0
Heaven on earth! Mooiste, lekkerste plek. Puik diens, en uitstekende geriewe.
Apr 2023
Bernadine L
5.0
Awesome. Mooiste uitsig, vriendelikste staff en pragtige huis. Dit was 'n naweek om te onthou en sal beslis weer gaan. Dankie Mike dat jy ons so vrien...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Debbie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Holingsberg-weg, Amberley Bergreservaat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Amberley Mountain Reserve het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 6 500
per nag (plek vir 12)
Vanaf
Vanaf R 6 500
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Holingsberg-weg, Amberley Bergreservaat, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc6b7b8424adc3696ccec55372ce271260c7d54ac923f4ae3ede8f84c88f348a7721f569b62d79e552fc6b092b394d05e0593?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 500 per nag (plek vir 12) 13 5 1 5 Holingsberg Road Amberley Mountain Reserve 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.423956455658 30.157722317632

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang