Ambiance Apartment
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Selborne 105, Princestraat 41, Oranjezicht, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 000R1 400 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Ambiance Apartment front noord en is ideaal geleë in Oranjezicht, 'n sentrale, stil, veilige en boomryke woonbuurt tussen Tafelberg se voorheuwels en Kaapstad se sentrale sakegebied. Die woonstel is koud in somer en warm in winter en het plafonwaaiers in elke kamer asook 'n verwarmer en warmwaterbottels in winter.
Die woonstel is volledig toegerus, gerieflik en silwerskoon. Daar is 2 slaapkamers. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede, kleiner slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste. Dit is meer geskik vir 'n gesin van 4, eerder as 4 volwassenes. Die badkamer het 'n bad en 'n handstort. Die ruim sitkamer en oopplan-kombuis word geskei deur 'n ontbyttoonbank. Die kombuis het gesonke stoofplate met 'n uitsuigwaaier en 'n mikrogolf, maar geen oond indien jy van plan was om te bak of oondrooster. Ambience het 'n oopplan-balkon met 4 stoele van smeedyster en 'n eetkamertafel met 'n glasblad. Dit is ideaal vir skemerkelkies of buitelug-etes, terwyl jy die beeldskone berg-uitsig of dit rye Victoriaanse huise in Prinsstraat geniet. Die sitkamer is toegerus met 'n TV, sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler en 'n klankstelseltjie/CD-speler. WiFi en die volle DStv-pakket is teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Al die nodige beddegoed en handdoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke en vadoeke saambring. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek en teen 'n addisionele koste. Daar is veilige parkeerplek by nr. 105.
Ambiance is ook maklik bereikbaar van die lughawe af via die N1 en die N2-hoofweë. Seepunt, Clifton en Kampsbaai is net 'n kort entjie se ry van die woonstel af en al wat tussen jou en die V&A Waterfront, Kirstenbosch, Groenpunt-stadion, Canal Walk en Houtbaai staan, is 10 minute agter die stuur. Verder is die woonstel stapafstand vanaf die stadskern, Gardens Winkelsentrum, hope museums, planetarium, kunsgalerye, 'n filmteater, teaters en baie ander besienswaardighede en restaurante. Trouens, byna alles wat die stad bied is stapafstand van Ambiance af.
Die woonstel is op die busroete geleë, oorkant De Waal Park met sy gratis musiekkonserte op Sondae. Ons is net 'n paar blokke van die Mount Nelson Hotel en die Cape Town Hop-On Hop-Off-bus af. Ons is gerieflik, stil en knus. Ambiance kan langtermyn bespreek word, ten volle gemeubileer met 'n bepaalde maandelikse bedrag. Minimum-verblyf is 3 nagte. Ons wil jou graag persoonlik verwelkom by die woonstel. Gaste kan enige tyd bel indien hul iets benodig, enige vrae het of hulp benodig.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Nederlands
- Frans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Badkamer
- Bad
- Seep
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Verekombers
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Mignon Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 15
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Selborne 105, Princestraat 41, Oranjezicht, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
- Gaste dink Ambiance Apartment het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Oranjezicht Stadskern Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Selborne 105, Princestraat 41, Oranjezicht, Kaapstad, 8000, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang