Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Amizade Guest House

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 27ste Laan 728, Villieria, Pretoria, 0084, Gauteng
  • Vanaf R760 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Amizade Guest House is 'n huis in Villieria, 'n stil woonbuurt in Pretoria. Besoekers kan heerlik ontspan in die stil tuin in die lapa met voëltjies wat kwetter in die bome.

Die huis het plek vir 6 persone en daar is 'n bedjie vir 'n kind. Die solderwoonstel is apart en het slaapplek vir 2 persone. Linne en handdoeke word voorsien. Linne word elke 7 dae omgeruil en handdoeke word meer gereeld omgeruil. Die huis is toegerus met 'n wasmasjien en 2 tuimeldroërs. 'n Wasgoeddiens kan ook gereël word.

Rook is verbode in Amizade Guest House omdat dit 'n gesinsvriendelike onderneming is. Daar is min misdaad in die omgewing, maar die eiendom is nogtans beveilig met 'n elektriese heining en 'n alarm met gewapende reaksie. Skadu-parkeerplek van die straat af is ook beskikbaar.

Amizade Guest House is naby verskeie besoekpunte in Pretoria. Ons is net 10 minute vanaf die middestad, Uniegeboue en Wonderboom Natuurreservaat, 20 minute vanaf Rosslyn Industriële gebied en Centurion, 15 minute vanaf Menlyn Park Winkelsentrum, die Dieretuin, Wonderboom Lughawe en Tshwane Universiteit van Tegnologie, 35 minute vanaf Midrand, 45 minute vanaf Sandton City, ouetehuise en O.R. Tambo Internasionale Lughawe, en 5 minute vanaf hospitale in die omgewing.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.2
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Louis M
5.0
Baie lekker gebly! Skoon, netjies, goed toegerus. Behulpsame gasheer.
Sep 2024
Marinda H
5.0
Baie vriendelik ontvang. Die huis is lekker ruim en in 'n rustige omgewing. DIe plek is skoon. Die eienaar is baie vriendelik en bereid om enige iets ...
Sien meer
Sep 2023
Hendrik G
5.0
Baie rustig en veilig. Dit was ook vir my baie sentraal geleë en kon my besigheid maklik gedoen het.
Aug 2023
Cinta B
Gesin met tieners
5.0
Waarde vir geld. Ons het net oornag, maar en Tom het ons vriendelik bygestaan in dit wat ons nog gehad het. Goed geleë in 'n stil en veilige area.
Aug 2023
Purity D
4.0
Awesome. Air-conditioning will add more comfort during this season instead of fans. Since cold can last a bit longer even during loadsh...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Tom Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 27ste Laan 728, Villieria, Pretoria, 0084, Gauteng
  • Gaste dink Amizade Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R760
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R760
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 27ste Laan 728, Villieria, Pretoria, 0084, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe846e30f53087ea5612338f9d66793443f37791c327e8915e5f0158d92666ec91f10b11ab1a0185567362b25e7229c7b8aff?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R760 per nag, vir 2 mense 25 5 1 5 728 27th Avenue Villieria 0084 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.7057845 28.2318662

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang