Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Anra Rusgenot

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 35 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Loopstraat 37, Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 070 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Anra Rusgenot in Richmond, Noord-Kaap, is net mooi halfpad op die N1 tussen Johannesburg en Kaapstad, ideaal om oornag te vertoef of om te bly vir langer Karoo-kuiers. Daar is heelwat te doen in Richmond, so kom verken gerus die dorp, beleef die gasvryheid en word weer mens!

Verblyf word aangebied in 5 gerieflike en suite-kamers en 4 woonstelle wat elkeen hul eie ingang het. Die meeste eenhede het lugversorging, 'n yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe en basiese eetgerei. Elke bed het 'n elektriese kombers en die kamers het ook TV's met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die gastehuis is omhein en bied veilige parkeerplek in die agtererf. Daar is muurproppe gerieflik naby die parkeerplek sodat gaste kampyskaste kan inprop.

Skuins oorkant die pad is 'n gewilde restaurant en koffiewinkel wat fantastiese etes bied, van ontbyt tot aandete.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 220 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Mimi O
5.0
Home away from home. Altyd heerlik om hier te kuier!
Jan 2025
Michael F
5.0
Gemaklike oornag plek in Richmond. Pragtige oornag plekkie in Richmond. Baie netjies en vir seker "rustic".
Jan 2025
Mariette K
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvry en gerieflik. Gerieflike, veilige en netjiese verblyf. Gasvrye, persoonlike kliëntediens. Baie dankie, ons kom weer.
Jan 2025
Irene P
Saam met lewensmaat
5.0
Altyd lekker om daar oor te slaap. Dit was die tweede keer wat ons by Anra gebly het en sal weer teruggaan. Die diens was fantasties.
Des 2024
Annie C
Saam met lewensmaat
5.0
Oornag tussen Johannesburg en Kaapstad. Pragtige kamers (met 'n interessante geskiedenis) en 'n vriendelike gasheer. Die perfekte nagrus vir die langp...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Manna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 220

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Loopstraat 37, Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Gaste dink Anra Rusgenot het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 070
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 070
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 35 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Loopstraat 37, Richmond, 7090, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6cbafa84cbd4039fd9a9ca992df5fe04bb97b12f8ed23c5edcc0e903ba3fc593586bbb3a6f392ff950bf48c44b93d1752192?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 070 per nag, vir 2 mense 220 5 1 5 37 Loop Street Richmond 7090 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -31.413261221844 23.945310490105

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang