Anchors Aweigh 53
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Etonweg, Wood Grange, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
- Vanaf R595 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Anchors Aweigh 53 is 'n rondawel in die Anchors Aweigh-familieoord in Hibberdene, langs die Mzimayi-rivier.
Die oopplan-rondawel van 26 vierkante meter het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders onder die ouderdom van 12. Die eenheid is ingerig met 'n dubbelbed, en 'n slaapbank vir 2 kinders, asook 'n privaat badkamer. Gerieflikheidshalwe word linne, sowel as 'n waaier voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n drieplaatstoof met 'n oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas, asook eetgerei en breekware. Die eenheid het ook 'n TV met DStv en 'n DVD-speler. Volledige DStv is beskikbaar op versoek teen 'n ekstra koste.
Braaigeriewe en veilige parkeerplek is ook beskikbaar en daar is 'n Jojo-tenk.
Die strand is net 'n entjie se stap weg, en die kompleks het 24 uur-sekuriteit asook sekuriteitswagte. Die kompleks het ook 'n speelplek vir kinders asook 'n lieflike swembad vir almal se gebruik by die oord.
Die unieke brug van Anchors Aweigh oord by die strandmeer waar mens kan braai en ook visvang word deur die oord verbind met die hoofstrand Hibberdene. Daar is ook kerkgeriewe vir Sondae, en 'n klein kafee op die oord vir benodigdhede soos hout, roomys, brood en melk.
Lewensredders is gedurende Desember- en Paasnaweke op die strand aan diens, en gedurende die vakansieseisoen word 'n verskeidenheid aktiwiteite vir kinders op die strand gereël. Die hoofstrand het 'n restaurant, 'n putt-puttbaan, sowel as 'n superbuis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.2/5
Marli Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 19
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Etonweg, Wood Grange, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Anchors Aweigh 53 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Woodgrange Hibberdene Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Etonweg, Wood Grange, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang