Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Anchors Rest

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Milkwood-straat 468, Southport, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Anchors Rest is 'n selfsorgvakansiehuis in die kusgebied Southport in Port Shepstone. Dié vakansiehuis bied 'n gerieflike basis vanwaar jy die omliggende besienswaardighede kan besoek.

Dié volledig gemeubileerde huis het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4 en suite-badkamers. Die hoof- en tweede slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer 2 stapelbeddens vir volwassenes en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier en 'n klerekas. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad, en die tweede, derde en vierde slaapkamer het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 'n gasstoof, 'n elektriese oond, 'n mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser toegerus. Melk, tee en koffie vir die eerste aand sal met aankoms voorsien word. Die oopplan-sitarea en -eetarea spog met 'n 40"-platskerm-TV met Netflix- en DStv Now-apps. Die leefarea lei na 'n kuierstoep met 'n eet- en sitarea, 'n ingeboude braai en 'n swembad.

Veilige parkeerplek is beskikbaar. Die erf is heeltemal omhein en spog met 'n top-sekuriteitstelsel en laserstraal-sekuriteit.

Anchors Rest is ideaal geleë, minder as 250 m vanaf die Southport-getypoel, die Anerly-strand, restaurante en kafees.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

2 x Stapelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Leeroy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Milkwood-straat 468, Southport, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Anchors Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Milkwood-straat 468, Southport, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaa57eff8d79407c877a47015b1d8454cf2ad20ac1f691492f2f9fc43c199188c89c22dae3b3a4edc8e9250bedbb522c09685?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 10) 6 5 1 5 468 Milkwood Road Southport 4240 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.679800808822 30.50597012043

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang