Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Andantelodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pieringweg 733, Waterkloof Holdings, Pretoria, 0174, Gauteng
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Andantelodge bied 'n rustige afsaalplek in die middel van die stad. Die perseel is groot en spog met welige tuine, 'n ware rusplek in Pretoria. Andantelodge is net 2 km van die grootste snelweë af en 25 minute se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe geleë. Dis ideaal vir reisigers wat op soek is na oornagplek voordat hul die volgende gedeelte van hul reis aanpak.

Ons het 8 pragtige, unieke suites met lugversorging. Sewe van die suites is volledig toegerus vir selfsorg, maar 'n heerlike ontbyt is beskikbaar. Al die suites, behalwe die Bach suite, het stoepe wat lei na die tuine en die stukkie natuur waarna jy smag. Steek gerus die braaivleisvuur aan en geniet 'n skemerkelkie!

Andantelodge is baie naby die Rietvlei Natuurreservaat so heelwat voëlspesies besoek ons tuine. Wat is dan nou beter as om soggens te ontwaak met die opgewekte getjilp van voëltjies en die geur van koffie? Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 85 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Jolande H
Saam met vriende
5.0
Die beste. Heerlike, gerieflike verblyf omring deur 'n lieflike tuin. Baie goed geleë naby inkopiesentrums en markte. Altyd 'n goeie wegbreek vir ons.
Aug 2024
Elzabé V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly! Naby Menlyn en die gebied waar ons besigheid moes doen! Uiters netjies, stil. Heerlik warm geslaap met 'n elektriese kombers. Ruim kamer...
Sien meer
Jul 2024
Jolande H
Saam met vriende
5.0
Pragtige gemaklike akkommodasie wat baie sentraal is. Ons bly altyd lekker by Andante lodge.
Mei 2024
Rentia B
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Vreeslik netjies en skoon. Ons het baie lekker oornag.
Apr 2024
Dina V
Saam met lewensmaat
5.0
My gunsteling plek in Pretoria! Die personeel is vriendelik en gasvry. Ons het heerlik gebly en sal weer kom.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elmo Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 85

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Pieringweg 733, Waterkloof Holdings, Pretoria, 0174, Gauteng
  • Gaste dink Andantelodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pieringweg 733, Waterkloof Holdings, Pretoria, 0174, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM5OTIyMTJhLTlkZWYtNDk2NC04OWFlLTRjN2VhOTQzNzBjMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 85 5 1 5 733 Piering Road Waterkloof Holdings 0174 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.845107773657 28.269461095333

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang