Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Andy's Holiday Flats

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suidstraat 766, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Andy's Holiday Flats is net 800 meter van die see af in die pragtige Wildernis-area in die Wes-Kaap geleë.

Die verblyf bied 2 aparte woonstelle wat onderskeidelik 2 of 6 gaste kan akkommodeer. Die Andy's Holiday Flat 2 beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Dit het 'n oopplan-leefarea en -eetarea met 'n platskerm-TV en 'n tafel en stoele vir 3 mense, asook 'n volledig toegeruste kombuis met 'n oond, stoof, yskas met 'n vrieskas, ketel, broodrooster en mikrogolf.

Die Andy's Holiday Flat 1 is 'n dubbelverdieping vakansiewoonstel so let asseblief daarop dat daar trappe is om te klim maar daar is 'n hek aan die onderkant en bokant van die trapkas om dit veilig te maak vir kinders. Dié woonstel het 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak, asook 'n gastetoilet en wasbak. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, hope kasspasie en 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en 'n driestapelbed, wat 'n dubbelbed aan die onderkant en 'n enkelbed aan die bokant het. Die leefarea is oopplan en beskik oor 'n eetarea met tafel en stoele vir 6 mense; 'n moderne sitkamer met houtvloere, platskerm-TV en DVD-speler asook 'n volledig toegeruste kombuis met oond, stoof, yskas met klein vrieskas, ketel, broodrooster en mikrogolf. Die woonstel het sy eie privaat braai waar jy kan ontspan en jou vakansie saam met jou familie en vriende kan geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Andy's Holiday Flats
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Andy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Suidstraat 766, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Andy's Holiday Flats het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suidstraat 766, Wilderness, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEwOGQ0YjA5LWVmNmEtNGZlZS05ZDMzLWVkOTMwNjA4ZDAxOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 766 South Street Wilderness 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.999199120235 22.620725052045

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang