Angel Bay
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 129, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Angel Bay is 'n selfsorg-vakansiehuis in die idilliese kusdorpie Zinkwazi Beach in KwaZulu-Natal. Die huis is ideaal vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n ontspannende vakansie.
Die huis bied slaapplek aan 6 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed vir 'n kind. Elkeen van hierdie kamers bied toegang tot 'n skakelbadkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens vir kinders. Die eerste gedeelde badkamer het 'n bad, wasbak en toilet. Die tweede gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Linne, bad- en strandhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n opwaskamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die leefarea het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv en 'n etenstafel. Daar is ook 'n kroeg met die nodige breekware en 'n toonbank met stoeltjies. Die leefarea het deure wat lei na 'n stoep met 'n etenstafel en sonstoele. WiFi is beskikbaar.
Gaste het direkte toegang tot die strand en toegang tot 'n swembad, braaigeriewe en genoeg parkeerplek op die perseel. Die verblyf is naby plaaslike winkels en restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbed vir 1
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4/5
Engela Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 5
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Nkwazi-rylaan 129, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Zinkwazi Beach Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkwazi-rylaan 129, Zinkwazi Beach, 4480, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang