Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Anna Beulah Farm

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Contermanskloofweg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 485 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Anna Beulah Farm is 'n idilliese, rustige wegbreekplek net 'n klipgooi van die stad af. Dit is op die Durbanville-wynroete met maklike toegang tot die N7 en 'n pragtige uitsig op Tafelberg. Ons bied die perfekte toevlugsoord in die winter óf somer!

Verblyf word gebied in 3 eenhede - 'n houthut vir 6 gaste, 'n tweeslaapkamerkothuis vir 4 gaste en 'n privaat kamer vir 2 gaste. Word soggens wakker met die sang van die voëltjies en geniet jou koppie koffie terwyl jy die uitsig bewonder.

Ons het 'n organiese groentetuin en plaaslike inwoners kom loer gereeld hier in om deur die tuin te wandel en hul eie groente te pluk. Buiten die pragtige tuin het ons ook 'n eko-swembad, plaasdiere, 'n deli, sonderlinge koffiewinkel, kunsvlyt en ander handgemaakte items van plaaslike kunstenaars. Die kans is ook groot dat jy op iets kosbaars sal afkom as jy tussen ons vintage-klereversameling kom snuffel. Verder bied The Clay Café allerlei kunswerke en erdewerk.

Terwyl jy 'n koppie java of een van Hendrik se heerlike etes in die koffiewinkel geniet, kan die kleinspan na hartelus baljaar en na die plaasdiere soos hoenders, perde, donkies en 'n lama of 2 gaan kyk. 'n Venue vir troues of ander funksies is ook by ons te huur.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Natasha Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 18

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Contermanskloofweg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Anna Beulah Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 485
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 485
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Contermanskloofweg, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAef58c62f9fe1c71a313c15b778887706469476a635c8112cb607705a03cc3f0c67e96b915323e26517375eca31a5a4cbea82?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 485 per nag (plek vir 4) 18 5 1 5 Contermanskloof Road Durbanville 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.791951226373 18.58045170773

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang