Apartment 276 Ballito Village
Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 3 Sep 2024 tot 31 Mrt 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Douglas Crowe-rylaan, Ballito Village 276, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 800R1 440 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Apartment 276 Ballito Village is aan die Noordkus van KwaZulu-Natal geleë. Ballito word deur welige plantegroei en die see met ongerepte strande aomring. Dit is die ideale opsie vir 'n onvergeetlike gesinsvakansie en spog met 'n asemrowende uitsig.
Dié woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die ander twee slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en gaste deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Perkallinne-beddegoed, komberse en handdoeke word voorsien. Alle slaapkamers, insluitend die leefarea, het plafonwaaiers.
Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Boonop is 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 6. Daar is lugversorging in die kombuis en sitarea.
Ander geriewe sluit 'n TV met Netflix en Disney Plus, gratis WiFi en 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank in. Skuifdeure lei na 'n balkon met 'n buite-etenstafel, rusbanke en 'n gasbraai.
Die eenheid het 'n omsetter wat krag aan die yskas, TV, ligte, waaiers en WiFi tydens beurtkrag voorsien.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Douglas Crowe-rylaan, Ballito Village 276, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Douglas Crowe-rylaan, Ballito Village 276, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang