AppleBee Guest Cottages
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Harrismith-straat 5, West Hill, Grahamstown, 6139, Oos-Kaap
- Vanaf R700 per nag, vir 1 mens
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
AppleBee Guest Cottages is geleë in 'n stil, gegoede omgewing in Makhanda (Grahamstad), naby St Andrew Laerskool, DSG, South African Museum of Literature en Rhodes Universiteit.
Verblyf beskik oor 4 eenhede met slaapplek vir 12 gaste. Die eenhede is AppleBee I, AppleBee II, AppleBee III en The Annex.
AppleBee I beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 5 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n enkelslaapbank in die sitarea. Die slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n eet- en sitarea met 2 FHD TVs met die volle DStv-pakket, Netflix en WiFi.
AppleBee II bied slaapplek aan 3 gaste en het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n enkelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n komnuis met 'n yskas, mikrogolfoond, gasstoof, panne, potte en tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n sitarea, 2 FHD-TV's met die volle DStv-pakket, Netflix en WiFi.
AppleBee III het 'n uitsig oor die tuin en swembad. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort en bad. Die sitarea het 'n enkelbed en 'n tweede enkelbed kan ook voorsien word. Gaste moet deur die slaapkamer gaan om die badkamer te bereik. Dit is deel van die hoofhuis en het 'n privaat ingang. Daar is 'n etenstafel, yskas, mikrogolf, broodrooster, ketel, tweeplaatgasstoof, potte, panne, 'n TV in die slaapkamer, 'n tweede TV in die sitarea, waaiers, verwarmers, elektriese komberse, DStv en Netflix.
The Annex bied slaapplek aan 1 gas en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n oop stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n yskassie, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n TV met die volle DStv-pakket, Netflix en WiFi.
Die kothuise word daagliks skoongemaak. Gaste is welkom om van die swembad en Weber in die privaat tuin gebruik te maak. Daar is veilige parkeerplek met afstandbeheerde toegang op die perseel.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Jeannine Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 29
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Harrismith-straat 5, West Hill, Grahamstown, 6139, Oos-Kaap
- Gaste dink AppleBee Guest Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Makhanda (Grahamstad) Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Harrismith-straat 5, West Hill, Grahamstown, 6139, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang