Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Arbeidsgenot 3

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Trevor M
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Jan 2024

Heerlik. Het baie lekker gekuier - pragtige seeuitsig en baie gerieflik om strand toe te gaan. Slaapkamers baie gerieflik - lekker beddens. Netjiese kombuis. Enigste negatiewe aspek is die badkamergeriewe - die stort is treurig en die badkamer is baie klein.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Petri J
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Apr 2023

Baie lekker. Ontspanne en baie lekker ligging.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Jansie K
Kort verblyf
5.0
Nov 2022

Die feit dat die huis op die see geleë is, is fantasties. Baie netjies en lekker ruim. Dit was regtig 'n heerlike plekkie om te kuier, en die kombuis is baie gerieflik en groot. Die hoofslaapkamer kyk oor die see wat vir ons baie lekker was. Ons moes net 'n paar goedjies gaan koop wat ons normaalweg in so 'n luukse eenheid sou verwag, soos toiletpapier, skottelgoed tablette vir die masjien, swartsakke, en sout vir die masjien. Daar was ook nie eintlik iets vir loadshedding beskikbaar nie, maar dis nog steeds 'n wonderlike plek om te bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sarita M
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2022

'n Juweel van 'n plekkie, skoon en stylvol toegerus met alles wat 'n gesin nodig het om tuis te gaan op die strand! Ons het heerlik gekuier by Arbeidsgenot 3. 'n Pragtige juweel van 'n plekkie op die see. Alles in Arbeidsgenot 3 is baie stylvol, skoon en netjies toegerus. Die see was onstuimig vir 2 - 3 dae, en ons motor was veilig in die motorhuis. Die eienaar was baie behulpsaam en vriendelik. Stewart en sy ma het ons gekontak en ons verseker dat ons veilig kan voel terwyl die see hoogwater was. Hulle het ons ook vriendelik versoek om versigtig te wees en eerder swem in die see te vermy vir ons eie veiligheid gedurende hoogwater. Vanaf die voorstoep en die hoofslaapkamer is daar 'n lieflike see-uitsig! Baie dankie Stewart en Mareen, vir jul vriendelikheid en omgee. Dit was heerlik om by julle tuis te gaan. Ons sien julle graag weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stewart
Arbeidsgenot 3
Dit was vir ons n groot plesier, Sarita. Jul veiligheid en gemoedsrus sal altyd eerste kom vir ons. Baie hartlik dankie vir die uitstekende terugvoer. Ons waardeer dit opreg en sien uit daarna om julle weer te verwelkom by Arbeidsgenot 3!

Yvette L
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2022

Pragtige plek, lieflike ligging. Wonderlike verblyf gewees en goed georganiseerd van bespreking tot uitklok. Baie mooi moderne blyplek met ongelooflike see-uitsig. Reg op die strand.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stewart
Arbeidsgenot 3
Baie hartlik dankie vir die terugvoer, Yvette. Ons waardeer dit opreg.

Tanya B
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Okt 2021

Wonderlik. Ongelooflike lekker plekkie, see-uitsig pragtig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stewart
Arbeidsgenot 3
Baie hartlik dankie, Tanya. Ons sien uit daarna om julle weer eendag te verwelkom.

Johan E
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2021

Onvergeetlike vakansie in Arbeidsgenot 3. Hierdie is die beste selfsorgeenheid waar ons tot hede toe gebly het. Alles was perfek! Die ligging, geriewe en netheid van die eenheid is onverbeterlik!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stewart
Arbeidsgenot 3
Baie hartlik dankie vir die fantastiese resensie, Johan. Ons sien uit daarna om julle gou weer te verwelkom. Tot dan!

Mariska F
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2021

Wonderlike wegbreek. Was 'n wonderlike vakansie wegbreek. Die plek is ongelooflik mooi, heerlik op die strand. Sien julle gou weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Stewart
Arbeidsgenot 3
Baie hartlik dankie vir die fantastiese terugvoer, Mariska. Ons span werk baie hard om die eiendom op wêreldklas standaard te hou, so dit is super om sulke terugvoer te kry. Ons sien geweldig daarna uit om julle weer eendag welkom te heet.

Elaine P
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Sep 2021

Arbeidsgenot is 'n pragtige plek, baie netjies en het alle geriewe! Uitstekende ligging en vriendelike eienaar. Ons het heerlik gekuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Stewart
Arbeidsgenot 3
Baie hartlik dankie vir die uitstekende terugvoer, Elaine. Kom kuier gerus weer.

Theresa D
Lang verblyf Gesin met tieners
4.8
Jan 2021

Pragtige, moderne eenheid, perfek geleë, sal beslis weer bespreek! Die eenheid voldoen aan alle verwagtings aangesien dit presies lyk soos wat op die foto's daarvan weergegee word. Perfekte ligging!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0
Stewart
Arbeidsgenot 3
Baie hartlik dankie vir jul goeie terugvoer, Theresa. Ons werk onverpoos om seker te maak ons gaste geniet hul verblyf terdee, so ons waardeer goeie resensies opreg, en sien uit daarna om julle weer by Arbeidsgenot 3 te verwelkom.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Stewart Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R3 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 17:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandstrandstraat, Arbeidsgenot 3, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfff19a893ab25a9203cf350c02f04254ac36b350d3947050a4530202331ecf33cf2d6323507639a8baefdff9b54da47262df?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6) 13 5 1 5 Sandstrand Street 3 Arbeidsgenot 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 17:00-20:00 10:00 -34.053632 22.391883

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang