Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Arbeidsgenot 3

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 17:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandstrandstraat, Arbeidsgenot 3, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Arbeidsgenot 3 is 'n moderne selfsorg-eenheid wat op straatvlak, teenaan die Heroldsbaai-strand geleë is.

Die eenheid het 3 verdiepings en bied slaapplek aan 6 gaste. Daar is 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n besonderse uitsig. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer, 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus en het 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, skottelgoedwasser en wasmasjien-tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir 8, die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n muurgemonteerde platskerm-TV met 'n gewilde seleksie DStv-kanale.

Die leefarea lei na 'n lieflike dek met braaigeriewe. Die stoep bied ononderbroke uitsigte oor die strand en see.

Daar is 'n toesluitmotorhuis en 1 ekstra parkeerplek voor die motorhuis.

Heroldsbaai word omring deur fynbos en is naby golfbane by George, Oubaai, Fancourt en Kingswood. Ander doendinge in die nabye Tuinroete sluit in stap, visvang, swem, branderplankry, bergfietsry, en veel meer.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Stewart Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Sandstrandstraat, Arbeidsgenot 3, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Arbeidsgenot 3 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 2
  • Inkloktyd: 17:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandstrandstraat, Arbeidsgenot 3, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfff19a893ab25a9203cf350c02f04254ac36b350d3947050a4530202331ecf33cf2d6323507639a8baefdff9b54da47262df?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6) 13 5 1 5 Sandstrand Street 3 Arbeidsgenot 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 17:00-20:00 10:00 -34.053632 22.391883

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang