Areena Riverside Resort
- Kapasiteit: 80 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: H/v Schaffli-weg en die afdraai na Glen Gariff, Kwelera, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
- Vanaf R1 260 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Areena Riverside Resort is aan die oewer van die Kwelera-getyrivier, 23 km oos van Oos-Londen se stadskern aan die begin van die Wildekus, geleë. Die oord is ideaal vir diegene wat gehalte-gesinstyd saam in die natuur wil deurbring. Wild, voëls en kusplantegroei is oral om gaste en bootritte na die riviermond en strand kan gereël word.
Verblyf beskik oor selfsorg-eenhede en gaste kan tussen ten volle toegeruste, luukse gesinskothuise, rondawels, hout-chalets en en suite-dubbeleenhede kies. Elke eenheid het linne en handdoeke. Die eenhede bied slaapplek aan 2 tot 6 gaste. Die 5 hout-chalets is op die rivieroewer en bied pragtige uitsigte oor die rivier.
Gaste kan van hulle tente of rivierfront-chalets af visvang en hul bote by die jetty vasmeer. Areena Quays Restaurant and Bar is teen die rivier en gaste kan daar gaan eet. Dis van Woensdag tot Vrydag tussen 11:00 en 20:00, Saterdag van 09:00 af en Sondag tot ná die buffet-middagete oop.
Gaste kan vierwielsafari's, kanovaarte, teikenskiet, Zipline, verfbal, boogskiet en Segway-toere by die avontuursentrum teen 'n ekstra koste geniet. Abby is 'n mak kameelperd op die perseel en gaste kan haar ook sien. Toegang tot die strand is via 'n boot, riviervlot of kort rit in 'n voertuig.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Edward Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- H/v Schaffli-weg en die afdraai na Glen Gariff, Kwelera, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
- Gaste dink Areena Riverside Resort het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 80 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: H/v Schaffli-weg en die afdraai na Glen Gariff, Kwelera, Oos-Londen, 5259, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering: