Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Arendsnes

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Matilda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 168

Op LekkeSlaap 7 jaar

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 29 resensies vir Arendsnes
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5
Herby G - Aug 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Herby G

Ontspanne.

Wonderlike plek met rustige atmosfeer en skoon en netjies.

Arendsnes se terugvoer

Hi Herby.
So lekker om te weet julle het lekker gerus. Julle is altyd welkom. Dankie dat julle die kothuis so mooi opgepas het.

Arendsnes
Anna K - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anna K

Rustig en stil net wat ek nodig gehad het.

Arendsnes is goed geleë naby die rivier, maar dit voel nog steeds asof jy in die bos is. Dit is baie gerieflik en het alles wat jy nodig het.

Arendsnes se terugvoer

Vreeslik dankie vir die mooi resensie, Anna. Ek is so bly jy het heerlik uitgerus. Jy is altyd welkom.

Arendsnes
Jan H - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jan H

Alles wat jy nodig het in een heerlike kothuis naby die rivier.

Dankie vir 'n heerlike naweek. Die ligging is naby die rivier, jy kan die seekoeie hoor van die rivier af. Alles wat jy nodig het is daar. Van binne braai tot 'n boma/buitebraai met kampstoele ook. Het al die detail deur gestuur en het gehelp waar nodig was. Sal vir seker aanbeveel.

Arendsnes se terugvoer

Baie dankie vir jou positiewe terugvoer.

Arendsnes
Elinda M - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elinda M

Jy sal nie 'n fout maak om hier te bly nie!

Fantasties soos altyd!

Jason D - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jason D

Would come back again.

Gorgeous location and house, Secericon in the area were also spectacular as we had a medical emergency and they were extremely helpful and friendly.

Arendsnes se terugvoer

Hi Jason.
Thank you for your positive review.
You are very welcome.

Arendsnes
Mynhardt S - Jun 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Mynhardt S

Baie lekker gebly.

Die plek is baie lekker. Dit is baie rustig en stil, en die gasvrou was baie behulpsaam. Daar is basies alles wat jy nodig het. Nog 'n ding, die reëls: Ek verstaan al die reëls, maar al die reëls laat jou voel dat jy versigtig moet wees om iets te gebruik of dat jy iets verkeerd gaan doen. Soos ek sê, ek verstaan hoekom daar reëls is, maar dis ook nie altyd lekker nie. Een voorbeeld, by die wasbak in die kombuis is daar 'n reël dat as jy nie die skottelgoed was nie, daar 'n boete van R250 gehef word, en as jy nie die vuilgoed weggooi nie, 'n boete van R150. Ek dink dit is 'n bietjie belaglik. Normaalweg is skoonmaakdienste ingesluit by jou totale verblyfkostes. Om jou vuilgoed weg te gooi is ook nie gerieflik nie, daar is geen plek om dit by die huis weg te gooi nie. Jy moet dit saam met jou vat as jy uitgaan en dit by die hoofvullishoop gaan weggooi, wat ek ook nie mee saamstem nie. Ek kla glad nie, ek sê maar net. Maar behalwe vir dit, het ons dit baie geniet en regtig lekker daar gebly.

Arendsnes se terugvoer

Dankie vir jou terugvoer, Mynhardt.
Dit is ongelukkig 'n boshuis met baie hout in die middel van die bos. Daar is sekere dinge wat 'n mens moet doen om te verhoed dat termiete, kokkerotte en miere die huis oortrek. Vuil skottelgoed en asbliksakke lok maklik 'n plaag van insekte. Ek wil graag die huis sover moontlik insekvry hou vir alle gaste wat daar woon. Party gaste gebruik al die breekware en kombuis items en los dit net so, dit veroorsaak 'n groot toeloop van insekte en bobbejane wat dit ruik en die huis probeer oopbreek.

Die skottelgoed moet ongelukkig gewas word voor gaste vertrek huistoe. Meeste gaste vertrek op 'n Sondag en skoonmakers kom eers Maandag in.
Die asblikke word nie meer deur die stadsraad verwyder nie, daarom vra ons dat gaste dit neem na Marloth se vullis area, 'n paar meter van waar jy in elk geval die sleutel moet ingee. Ongelukkig kan jy dit nie voor in straat los nie. Bobejaane, mongoose en apies sal dit oopskeur en in die veld strooi waarvoor ek beboet word.
Jammer dit was vir jou so ongerieflik, maar dit is 'n selfsorg huis.

Arendsnes
Magduld D - Mei 2024
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Magduld D

Heerlik gerus.

Ons het heerlik gebly in Arendsnes. Ideale ligging. Goed toegerus.

Olga G - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Olga G

Fantasties!

Wat 'n fantastiese plekkie was dit nou nie. Arendsnes was so skoon toe ons daar ingestap het. Alles was netjies, netjies. Vreeslik netjies. Dit wat ons nodig gehad het, was daar! Ek het veral ook baie gehou van ons klerekas en kombuiskas (van toeka tot nou)! Julle het regtig ons hele jaar gemaak. Daar was baie diere gewees, 'n hele 40 kg by Marlothp se koöperasie gaan koop. Diere het alles op. Ons het so lekker gekuier en al die diere wat daar aangekom het, het ons ook so geweldig baie geniet. Dankie vir 'n onvergeetlike week.

Arendsnes se terugvoer

Hi Olga, dis so lekker om te weet julle het dit so geniet. Dankie dat julle sulke fantastiese gaste was.

Arendsnes
Detken S - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Detken S

Rus tussen diere.

Goed toegeruste huisie vir twee persone. Naby die Krokodilrivier wat geleentheid bied om watervoëls te sien en diere dop te hou wat kom waterdrink.

Arendsnes se terugvoer

Vreeslik dankie vir jul positiewe terugvoer. Is so lekker om te weet gaste het dit geniet.
Julle is baie welkom.

Arendsnes
Fritz H - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Fritz H

Puik plek vir een of twee mense.

Dit was netjies en daar was alles wat ek nodig gehad het vir my kuier.

Arendsnes se terugvoer

Baie dankie vir jou positiewe resensie en dat jy so fantastiese gas is. Jy is baie welkom.

Arendsnes
Marina E - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marina E

Ons het lekker gerus en die stilte en die bos baie geniet.

Ons gaan werklik al die diere mis wat elke dag 'n draai kom maak het.

Willem J - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Willem J

Heerlik gebly.

Ruimte buite by kampvuur is baie knap. Stortvloer is besonder glyerig, mens moet styf vashou aan reëlings.

Arendsnes se terugvoer

Dankie vir jou terugvoering Willem.

Arendsnes
Phillip H - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Phillip H

Ontspanne, stil en rustig.

Lekker wegbreek vir my en my vrou, ons geniet die bos.

Kobus V - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kobus V

Ons het werklik baie lekker gekuier en die stilte en omgewing baie geniet.

Die plekkie is ideaal vir twee mense. Baie goed toegerus met al die nodige om die verblyf baie aangenaam te maak. Die diere wat van tyd tot tyd kom kuier is baie welkom en ons het dit baie geniet. Matilda het ons mooi ophoogte gehou van beurtkrag en ander aktiwiteite wat van belang is. Die plekkie is naby die Krokodilrivier en ons het heerlik kon stap langs die rivier. Baie dankie vir die WiFi, dit was baie handig. Baie dankie, ons beplan om weer daar te gaan uitspan.

Arendsnes se terugvoer

Julle is vreeslik baie welkom. Dankie vir die positiewe terugvoering. Maak my hart so bly om te weet jul het heerlik gekuier en gerus.

Arendsnes
Belinda V - Jul 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Belinda V

Relaxing and enjoyable.

From the time I booked Arendsnes, to the day we left, Matilda was in constant contact with me about the ins and outs of her cottage and Marloth Park. What a stunning well-equipped place we arrived at. Everything that we needed to enjoy a comfortable stay was supplied including visits from all the animals. We saw more at our cottage than we did in the Kruger Park. We tried a couple of restaurants but mostly spent our time doing a braai or a potjie around the fire. Would definitely recommend Arendsnes to anyone and will definitely make use of it again.

Arendsnes se terugvoer

Belinda, you are more than welcome! Thank you for your positive review.

Arendsnes
Ig V - Jun 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ig V

Genoegsaam ontspan.

Ek dink die pluspunte weeg swaarder as die negatiewe punte, maar ek gaan nie vir jou sê of dit positief of negatief is nie. Ek sal net 'n paar observasies maak en dan kan jy vir jouself besluit na gelang van wat jy soek vir 'n wegbreek. Binne- en buitebraaigeriewe. Beperkte kombuistoonbankwerksareas. Wifi en lugversorging as jy lus is om by die huis te ontspan. Goeie linne. Al die sterre wat gegee is voordat ek by die beskrywing gekom het. Nabygeleë huise meestal van die tyd onder oë. Binne hoorafstand van huis na weste se braai-area en swembad. Nabygeleë huis se "floodlight" belig jou braai-area gedeeltelik. Moet nie verwag dat jy buite sal kan sit en in die bos in peins en in jou gedagtes verdwaal nie, stap maar eerder langs die grensdraad af en kry 'n rustige bankie. Stapafstand van grensdraad en rusbankies wat uitkyk oor KNP.

Tyla M - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Tyla M

I would definitely stay here again.

Perfect for two people. The house is well equipped and has everything you need for a great holiday. A splash pool would be ideal.

Arendsnes se terugvoer

Hi Tyla.
Baie dankie vir jou terugvoer.
Matilda

Arendsnes
Johann S - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Johann S

Mooi netjies en skoon.

Wat my veral beïndruk het is dat die braairoosters in goeie toestand en netjies skoon is, net reg vir gebruik.

Tertius V - Jun 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Tertius V

Arendsnes is die perfekte afstand vanaf Pretoria vir 'n langnaweek-boskuier.

Arendnes se ligging t.o.v. die Krokodilrivier en Krugerwildtuin is perfek. Tariewe is billik in vergelyking met die Krugerwildtuin. Arendsnes is volledig toegerus vir enige besoeker.

Anonieme gas - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
1/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
3/5
Anonieme gas
Marietha M - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marietha M

Baie netjies en gerieflik.

Die cottage is baie netjies en skoon. Sal beslis weer soontoe gaan. Dankie Mathilda vir jou gasvryheid.

Arendsnes se terugvoer

Hi Marietha, vreeslik dankie vir jou positiewe terugvoering. Dit is lekker om te weet gaste geniet Arendsnes. Julle is altyd welkom.

Arendsnes
Deon O - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Deon O

Beste waarde vir geld vir enkelreisiger, geen bybetaling omdat jy 'n enkelreisiger is nie.

Die eenheid is baie netjies en skoon en net groot genoeg. Alles wat jy nodig het, is daar. Die diere het gereeld kom besoek en die cute nagapies het laatmiddag/aand gekom vir hul bederfies. Baie naby aan die rivier en die rusbankie om net rustig te raak en die werk van God se hande te waardeer. Dankie Matilda vir alles - ek sal definitief weer bespreek, eerder gouer as later.

Arendsnes se terugvoer

Vreeslik dankie vir jou mooi en positiewe terugvoering. Jy is altyd welkom.

Arendsnes
Elinda M - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elinda M

Puik!

Doen jouself 'n guns en bespreek enige van Matilda se plekke, Arendsnes of Meerkatgat. Jy sal nie spyt wees nie!

Anja K - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anja K

'n Rustige vakansie tussen die wild. Die kothuis is netjies en beskik oor alles wat 'n mens sal benodig gedurende 'n wegbreek.

Ons het dit baie geniet.

Arendsnes se terugvoer

Baie dankie vir jul positiewe terugvoer. Julle is altyd welkom. Dankie dat julle sulke fantastiese gaste was en my huis so mooi opgepas het.
Matilda

Arendsnes
Elinda M - Sep 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elinda M

Heerlik gekuier.

Baie gerieflik en modern en maklik om sleutels op te tel.

Arendsnes se terugvoer

Baie dankie Elinda.
Jy is 'n geliefde gas en jy is altyd baie welkom.
Dankie dat jy Arendsnes so mooi opgepas het.

Arendsnes
Lizette N - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lizette N

Marloth-wegbreek.

Matilda se plekke, beide Meerkatgat en Arendsnes, bly maar 'n wenner, ons eerste keer in Arendsnes en dit was heerlik, baie netjies en skoon, gerieflik vir 2 mense, meer as genoeg diere en die nagapies kom kuier elke aand, dit is lekker naby die rivier. Kan geen fout vind nie, uitstekende akkomodasie.

Arendsnes se terugvoer

Lizette
Dankie dat julle sulke fantastiese gaste is en my huis so mooi opgepas het.
Julle is altyd welkom.

Arendsnes
Stafford M - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stafford M

Tranquility.

It was a lovely place to work from, very neat and quiet.

Arendsnes se terugvoer

Thank you Stafford for the positive feedback. You are more then welcome to visit Arendsnes again. Thank you for being such a great and neat guest.
Matilda

Arendsnes
Adele D - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Adele D

Pragtige kothuis naby Krokodilrivier.

Heerlike, kort verblyf naby Kruger. Baie mooi kamer en badkamer. Kritiek sal wees dat die boservaring van Marlothpark bietjie verlore gaan en die proses om die sleutels te kry en terug te gee, is nogal langdradig.

Arendsnes se terugvoer

Dankie vir jul positiewe terugvoer aangaande die kothuis. Alle gaste word n volledige instruksie gestuur aangaande sleutel kolleksie by sekuriteits maatskappy. Ongelukkig bly ek nie self op perseel om oop en toe te sluit - Vir sekuriteits doeleindes is dit die beste beskikbare opsie. Marloth Park is baie droog gedurende wintermaande en veld lyk erg vaal. As gevolg van baie reen in die somer het paaie erg deurgeloop - dit is n lang proses om al die grondpaaie geskraap en gevul te kry.

Arendsnes
Jenny V - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
5/5
Jenny V

Awesome, liefde.

Die plek is awesome, ons het baie lekker gekuier.

Arendsnes se terugvoer

Baie dankie vir julle terugvoering.
Dis lekker om te weet dat julle lekker gekuier het.
Hoop jul kom kuier gou weer.

Arendsnes
Vanaf R1 600
R1 600 R1 120
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 600
R1 600 R1 120
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoeistraat 3341B, Marlothpark, 0001, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA63529dc611e58297998e2476bb094c24b08cd5dcfe797cda5aabb4cf4e0d499351a95484d7053137df735c45664cdca8a6ce?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 600 nouVanaf R1 120 per nag, vir 2 mense 29 5 1 5 3341B Seekoei Street Marloth Park 0001 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.340825570614 31.811479513878

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang