Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Arendsnes

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Herby G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Ontspanne. Wonderlike plek met rustige atmosfeer en skoon en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matilda
Arendsnes
Hi Herby. So lekker om te weet julle het lekker gerus. Julle is altyd welkom. Dankie dat julle die kothuis so mooi opgepas het.

Anna K
Kort verblyf
5.0
Apr 2024

Rustig en stil net wat ek nodig gehad het. Arendsnes is goed geleë naby die rivier, maar dit voel nog steeds asof jy in die bos is. Dit is baie gerieflik en het alles wat jy nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matilda
Arendsnes
Vreeslik dankie vir die mooi resensie, Anna. Ek is so bly jy het heerlik uitgerus. Jy is altyd welkom.

Jan H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Alles wat jy nodig het in een heerlike kothuis naby die rivier. Dankie vir 'n heerlike naweek. Die ligging is naby die rivier, jy kan die seekoeie hoor van die rivier af. Alles wat jy nodig het is daar. Van binne braai tot 'n boma/buitebraai met kampstoele ook. Het al die detail deur gestuur en het gehelp waar nodig was. Sal vir seker aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matilda
Arendsnes
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer.

Elinda M
Kort verblyf
5.0
Mrt 2024

Jy sal nie 'n fout maak om hier te bly nie! Fantasties soos altyd!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jason D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Would come back again. Gorgeous location and house, Secericon in the area were also spectacular as we had a medical emergency and they were extremely helpful and friendly.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matilda
Arendsnes
Hi Jason. Thank you for your positive review. You are very welcome.

Mynhardt S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Jun 2024

Baie lekker gebly. Die plek is baie lekker. Dit is baie rustig en stil, en die gasvrou was baie behulpsaam. Daar is basies alles wat jy nodig het. Nog 'n ding, die reëls: Ek verstaan al die reëls, maar al die reëls laat jou voel dat jy versigtig moet wees om iets te gebruik of dat jy iets verkeerd gaan doen. Soos ek sê, ek verstaan hoekom daar reëls is, maar dis ook nie altyd lekker nie. Een voorbeeld, by die wasbak in die kombuis is daar 'n reël dat as jy nie die skottelgoed was nie, daar 'n boete van R250 gehef word, en as jy nie die vuilgoed weggooi nie, 'n boete van R150. Ek dink dit is 'n bietjie belaglik. Normaalweg is skoonmaakdienste ingesluit by jou totale verblyfkostes. Om jou vuilgoed weg te gooi is ook nie gerieflik nie, daar is geen plek om dit by die huis weg te gooi nie. Jy moet dit saam met jou vat as jy uitgaan en dit by die hoofvullishoop gaan weggooi, wat ek ook nie mee saamstem nie. Ek kla glad nie, ek sê maar net. Maar behalwe vir dit, het ons dit baie geniet en regtig lekker daar gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Matilda
Arendsnes
Dankie vir jou terugvoer, Mynhardt. Dit is ongelukkig 'n boshuis met baie hout in die middel van die bos. Daar is sekere dinge wat 'n mens moet doen om te verhoed dat termiete, kokkerotte en miere die huis oortrek. Vuil skottelgoed en asbliksakke lok maklik 'n plaag van insekte. Ek wil graag die huis sover moontlik insekvry hou vir alle gaste wat daar woon. Party gaste gebruik al die breekware en kombuis items en los dit net so, dit veroorsaak 'n groot toeloop van insekte en bobbejane wat dit ruik en die huis probeer oopbreek. Die skottelgoed moet ongelukkig gewas word voor gaste vertrek huistoe. Meeste gaste vertrek op 'n Sondag en skoonmakers kom eers Maandag in. Die asblikke word nie meer deur die stadsraad verwyder nie, daarom vra ons dat gaste dit neem na Marloth se vullis area, 'n paar meter van waar jy in elk geval die sleutel moet ingee. Ongelukkig kan jy dit nie voor in straat los nie. Bobejaane, mongoose en apies sal dit oopskeur en in die veld strooi waarvoor ek beboet word. Jammer dit was vir jou so ongerieflik, maar dit is 'n selfsorg huis.

Magduld D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Mei 2024

Heerlik gerus. Ons het heerlik gebly in Arendsnes. Ideale ligging. Goed toegerus.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Olga G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2023

Fantasties! Wat 'n fantastiese plekkie was dit nou nie. Arendsnes was so skoon toe ons daar ingestap het. Alles was netjies, netjies. Vreeslik netjies. Dit wat ons nodig gehad het, was daar! Ek het veral ook baie gehou van ons klerekas en kombuiskas (van toeka tot nou)! Julle het regtig ons hele jaar gemaak. Daar was baie diere gewees, 'n hele 40 kg by Marlothp se koöperasie gaan koop. Diere het alles op. Ons het so lekker gekuier en al die diere wat daar aangekom het, het ons ook so geweldig baie geniet. Dankie vir 'n onvergeetlike week.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matilda
Arendsnes
Hi Olga, dis so lekker om te weet julle het dit so geniet. Dankie dat julle sulke fantastiese gaste was.

Detken S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

Rus tussen diere. Goed toegeruste huisie vir twee persone. Naby die Krokodilrivier wat geleentheid bied om watervoëls te sien en diere dop te hou wat kom waterdrink.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matilda
Arendsnes
Vreeslik dankie vir jul positiewe terugvoer. Is so lekker om te weet gaste het dit geniet. Julle is baie welkom.

Fritz H
Kort verblyf
5.0
Okt 2023

Puik plek vir een of twee mense. Dit was netjies en daar was alles wat ek nodig gehad het vir my kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Matilda
Arendsnes
Baie dankie vir jou positiewe resensie en dat jy so fantastiese gas is. Jy is baie welkom.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Matilda Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 168

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf R1 600
R1 600 R1 120
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 600
R1 600 R1 120
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoeistraat 3341B, Marlothpark, 0001, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA63529dc611e58297998e2476bb094c24b08cd5dcfe797cda5aabb4cf4e0d499351a95484d7053137df735c45664cdca8a6ce?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 600 nouVanaf R1 120 per nag, vir 2 mense 29 5 1 5 3341B Seekoei Street Marloth Park 0001 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.340825570614 31.811479513878

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang