ArendsRus Country Resort
Kry 30% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deel 28, Koesterbospad, Geelhoutboom 217, George, 6537, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 200R840 per nag, vir 2 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
ArendsRus is net 20 minute buite George, die hoofstad van die Tuinroete, en is binne 'n uur se ry van die Tuinroete se gewildste besienwaardighede: van Oudtshoorn en die Kango-grotte, tot Mosselbaai se bekende Dias-museum, van Wilderness se meerdistrik tot Knysna se betowerende strandmeer.
ArendsRus is beurtkragvriendelik en het omsetters en battery-rugsteunstelsels. Verblyf word aangebied in 5 en suite-dubbelkamers, 1 en suite-wittebroodkamer, 1 luukse tent en 2 tweeslaapkamer-selfsorgkothuise.
ArendsRus is aan die voet van die majestueuse Outeniekwaberge en die personeel is toegewyd daartoe om heerlike kookkuns in 'n pragtige en gerieflike atmosfeer te bedien. Deur die week is daar 'n à la carte-spyskaart wat selfs die noukeurigste fynproewers tevrede sal stel.
ArendsRus bied luukse geriewe aan trougaste, paartjies op soek na 'n romantiese wegbreek of moeë reisigers wat deur hierdie mooi deel van die land reis. Die tema-chalets is almal uit hout gebou en is uniek en bekoorlik. Die chalets het alle huislike geriewe en 'n majestueuse uitsig.
Die akkommodasie is in die fynbostuine met asemrowende uitsigte geleë waar gaste rustig na die voëls kan kyk, of dalk eerder eenvoudig die uitsig bewonder terwyl hulle aan 'n heerlike maaltyd smul. Daar is ook gemaklike stoele en 'n tafel op elke balkon. Die houthuisontwerp skep die illusie dat gaste werklik iewers in die wildernis is. 'n Verhitte swembad word ook vir vermaak voorsien. Gaste moet vooraf laat weet of hulle die swembad verhit wil hê, aangesien dit met 'n houtvuur verhit word. Daar is 'n binnebraai-area by die swembad.
ArendsRus se kombuispersoneel is toegewyd om smullekker geregte in 'n beeldskone en gemaklike omgewing te bedien. Die restaurant is oop vir ontbyt, middagete en aandete (aandete per afspraak). Geniet 'n egte, tradisionele Suid-Afrikaanse gereg met die pragtige sonsondergang as agtergrond. Nie net is ArendsRus naby George, die hoofstad van die Tuinroete, geleë nie, dit is ook net 20 minute van die naaste strand af. ArendsRus is aan die voorheuwels van die Outeniekwaberge in die plaasomgewing Geelhoutboom. Daar is 'n kort grondpad van 3 km wat na die verblyf lei.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 261
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Deel 28, Koesterbospad, Geelhoutboom 217, George, 6537, Wes-Kaap
- Gaste dink ArendsRus Country Resort het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Deel 28, Koesterbospad, Geelhoutboom 217, George, 6537, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang