Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Arniston Cottage

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hawe-weg, Huis B27, Kassiesbaai, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Arniston Cottage bied 3 selfsorgkothuise langs mekaar in die kusdorpie Kassiesbaai in Arniston.

Die eenhede is naby die strand en hawe geleë. Gaste moet asb. in ag neem dat Kassiesbaai 'n ou vissersdorpie met plaaslike kultuur en 'n ryk geskiedenis is. Sommige huise is nader aan mekaar terwyl ander meer oop ruimtes tussenin het. Daar is aangewese wandelpaadjies tussen sommige huise wat op privaatheid inbraak kan maak. Arniston Cottage het 'n muur wat 'n afskorting vorm en die huis van die wandelpaadjie aan die ander kant skei. Hierdie paadjies word deur bure en vissermanne op pad na die dorp en die hawe gebruik.

Die kothuis bied slaapplek aan 7 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -sitkamer wat goed toegerus is. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die tweede badkamer beskik oor 'n bad en word deur die kamers gedeel. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenheid het 'n binnebraai-area, TV met sekere DStv-kanale en parkeerplek.

Kassiesbaai Holiday Apartment beskik oor 'n dubbelslaapkamer op die boonste verdieping, 'n badkamer, oopplan-leefarea en 'n ten volle toegeruste kombuis. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n dubbelslaapbank vir klein kindertjies in die sitkamer. Daar is lieflike uitsigte vanuit die sitkamer en slaapkamer en gaste het braaigeriewe buite.

Die Waenhuis is 'n 2 slaapkamer eenheid met sitkamer, kombuis en binnebraai. Beide slaapkamers het dubbelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met die DStv Easy View-pakket.

Gaste kan doendinge soos swem in die swembad, visvang, walviskyk, voetslaan en snorkel in die omgewing geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 91 resensies vir Arniston Cottage
Netheid
4.2/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.6/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Colette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 91

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hawe-weg, Huis B27, Kassiesbaai, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Arniston Cottage het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hawe-weg, Huis B27, Kassiesbaai, Arniston, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe353e2db51380acb9038d807eb57a4fc59174ef37e09e285864d15e95a2ce61063a79c54ae292136ee60c85207b157929c84?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 3) 91 5 1 4 Harbour Road House B27, Kassiesbaai 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 11:00 -34.664633259602 20.231831262566

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang