Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Arniston Lapa

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Commando-straat 4, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 600 R3 240 per nag (plek vir 13)

Beskrywing

Arniston Lapa is 'n ruim selfsorgvakansiehuis in Arniston naby die strand en die hotel. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of groep vriende.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 12 volwassenes en 1 kind en beskik oor 6 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n koningingrootte-bed, 'n kinderbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en stort. Die vierde en vyfde slaapkamer is bo en het elkeen 'n koningingrootte-bed. Die sesde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die huis beskik oor 2 kombuise wat met 'n stoof, oond, tweeplaatstoof met 'n mini-oond, lugbraaier, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en wasmasjien toegerus is. Die leef- en eetareas het oorgenoeg gemaklike sitplek vir gaste om te eet en te ontspan. Daar is ook TV's met DStv-kanale en gratis WiFi beskikbaar.

Die onderste verdieping spog met 'n toegeboude stoep met 'n ingeboude braai en sitplek, en buite is daar 'n lekker lapa in die agterplaas, perfek vir beide somer- en winterkuiers. Dit het buitesitplek en braaigeriewe. Oorgenoeg veilige, omheinde parkeerplek is beskikbaar en die huis het 'n alarmstelsel wat gekoppel is aan 'n gewapende reaksie-eenheid.

Gaste kan die wonders van Arniston te voet verken, met die strand net 'n entjie se stap ver. 'n Kort entjie se stap sal gaste tot by die bekende Waenhuiskransgrot bring waar gaste die indrukwekkende see-uitsigte en die prag van die asemrowende kuslyn kan bewonder.

Kamer-opset

Slaapplek vir 13 mense 6 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Koningingrootte-bed

1 x Kinderbed vir 1

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Angelina V
Gesin met tieners
5.0
Dit was baie baie nice. Dit was baie lekker by die huis. Die kinders het ook vir hulle geniet.
Nov 2024
Christopher D
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was lekker ingerig vir wheelchair. Onder die naweek was dit baie lekker. Dit is 'n baie lekker huis, skoon en het van alles.
Okt 2024
Wiehan V
5.0
Heerlike naweek saam met familie, braai, kaart speel en lekker rus! Alles was daar, ons het net kos en klere geneem. Braaiplek binne was heerlik! Kon ...
Sien meer
Sep 2024
Diandra O
Saam met vriende
5.0
Die verblyf was fantasties. Die huis het van alles en ons het dit baie geniet. Awesome naweek gehad.
Aug 2024
Jennifer A
Saam met vriende
5.0
Baie lekker naweek gehad. Die huis het van alles. Sal weer gaan. Ja, Gansbaai en Uilkraal.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Helena Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 8 maande

Ligging

  • Commando-straat 4, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Arniston Lapa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 600
R 3 600 R 3 240
per nag (plek vir 13)
Vanaf R3 600
R 3 600 R 3 240
per nag (plek vir 13)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Commando-straat 4, Arniston, 7280, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8ef1fc81d18e3f0450b133e174cde164207460d5e89d3a47b0a22e67068738ad7ffaf2d2ff073eaf9fc5a22229ceb4b446b5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 600 nouVanaf R3 240 per nag (plek vir 13) 12 5 1 5 4 Commando Street Arniston 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.668047 20.2305153

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang