Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Arniston Spa Hotel

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 124 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Strandweg 1, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Arniston Spa Hotel is in Arniston, net 2 ure se ry van Kaapstad af op 'n pad wat deur die pragtige, golwende heuwels van die Overberg loop. Die hotel is in een van die Kaap se mooiste liggings, langs 'n ou vissersdorpie geleë en is omring deur ongerepte strande en natuurreservate.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer, 'n TV met DStv, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe. Sommige kamers het 'n lieflike kaggel of 'n privaat balkon. Al die kamers is ruim en het 'n uitsig oor die see of die swembad.

Die hotel is omring deur 'n oorvloed seelewe en jy is verseker van smullekker oesters en die varsste vis van plaaslike vissermanne. Ons gesofistikeerde spyskaart kombineer tradisionele Suid-Afrikaanse kookkuns met moderne uitvindsels van bekende kokke. Jou kookkunsbederfies word afgerond met 'n lys bekroonde wyne waarvan baie plaaslik is. Ons bied 'n ontbyt-buffet wat bestaan uit 'n liplekker verskeidenheid tradisionele en gesonde kos.

Die hotel bied verskeie geriewe wat 'n swembad buite, 'n kinderklub, tafeltennis, restaurant en 'n dameskroeg insluit. Die bekende Ginkgo Spa het 4 pragtige behandelingskamers, 'n rustige ontspanningskamer en saunas. Al die vertrekke is gerieflik ingerig sodat jy jou batterye kan herlaai. Die Dubbelbehandelingskamer is ideaal vir paartjies om saam gepamperlang te word. Die Rasul, 'n detoksifiserende Turkse stoomritueel, dra verder by tot die ongelooflike bederf wat hierdie plek bied.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Spa
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel
24-uur-ontvangs
Lughawe-vervoer op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 197 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Jo-anne O
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely overnight stay, everything perfect, the views magnificent. Lovely room, lovely views, just perfect.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Tania S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende tydjie by Arniston Hotel. Arniston Spa Hotel was een van ons lekkerste ervarings gewees. Love die dorp en die hotel. Almal baie vriendelik...
Sien meer
Feb 2025
Johan S
Saam met lewensmaat
5.0
The best view with the best service and food! Absolutely fantastic!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Tania V
Gesin met klein kinders
5.0
Hoogs aanbeveelbaar. Wat 'n plesier. Vriendelike staf, pragtige ligging. Kamers se verbruiksgoedere in oorvloed en word altyd vervang. Die hotelbestuu...
Sien meer
Des 2024
Morne V
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlike plek met 'n asemrowende uitsig en uitstekende diens. Sal definitief ter. Heerlik gebly, gekuier en ons self gate uit geniet.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Leane Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 197

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Strandweg 1, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Arniston Spa Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 450
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 450
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 124 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Strandweg 1, Arniston, 7280, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJhZGY3ODg1LWViMWMtNGQ1MC05MWMyLThkOWNiZDhkZGMzMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag, vir 2 mense 197 5 1 5 1 Beach Road Arniston 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -34.667448145894 20.23158878088

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang