Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Art Deco Villas

Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smidstraat 14, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Vanaf R900 R630 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Art Deco Villas is in die sonderlinge dorpie Middelburg in die Oos-Kaap geleë. Middelburg is in die middel van die land en 'n ideale oornagplek.

Verblyf word gebied in 5 gastekamers, elk met 'n privaat ingang en selfsorggeriewe.

Die selfsorgeenheid is geskik vir 2 volwassenes en 2 kinders onder 12 jaar. Die kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad.

Die eenheid het 'n ruim leefarea en 'n kombuis wat met 'n stoof, yskas en 'n mikrogolfoond toegerus is. Die leefarea het 'n dubbeldeur wat na 'n groot onderdakstoep met 'n stoepstel en sitplek vir 6 gaste lei. Daar is 'n braai voor die stoep.

Die selfsorgkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die kamer het 'n stoepdeur wat na 'n privaat stoep met sitplek vir 2 gaste. Daar is 'n ingeboude braai voor die stoep.

Die selfsorggesins-eenheid is geskik vir 2 volwassenes en 2 kinders. Dit het 'n oopplan-leefarea en 'n kombuis wat met 'n stoof, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kamer het 'n enkelbed en 'n dubbelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort. Die leefarea het 'n buitedeur wat na 'n stoep met braaigeriewe lei.

Die Stoepkamer het 'n enkelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kamer is geskik vir 1 gas. Daar is ook 'n deur wat na die stoep met braaigeriewe lei.

Al 4 stoepe het 'n uitsig oor 'n groot tuin met lowergroen gras en groot inheemse bome waar voëls van vroeg tot laat kuier. Dit is ideaal vir 'n skemerkelkie in die stilte van die Karoo na 'n lang reis.

Die Annex beskik oor 'n kamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Voor die kamer is daar 'n grasperk met tuinmeubels. Die eenheid het ook 'n yskassie, TV en tee- en koffiemaakgeriewe.

Aktiwiteite in die omgewing sluit 'n besoek aan die Uilhuis van Nieu-Bethesda, die Vallei van Verlatenheid in die Camdeboo Nasionale Park naby Graaff-Reinet en die Bergkwagga Nasionale Park naby Nxuba (Cradock) in.

Agter die gastehuis is veilige onderdakparkeerplek en toegang word beheer met 'n staalskuifhek wat met 'n afstandbeheer werk.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 84 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Wat gaste dink
Andrew S
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het lekker gebly en geslaap. Die gasvrou van die annex was baie vriendelik en het regtig uit haar pad gegaan vir haar gaste. Daar was 5 ekstra goe...
Sien meer
Sep 2024
Jakkie R
5.0
Jesus liefde vanaf 'n moederhart. Ek was soos 'n prinses behandel en wil asb. weer bespreek by die annex vir 5 April 2024.
Mrt 2024
Hannetjie P
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik en stil. Ons het baie lekker gebly. Alles was skoon en netjies. Ons gasvrou was baie vriendelik. Sal vir seker weer by die Art Deco Villas bly...
Sien meer
Jan 2024
Kobus V
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker halfweg oorslaap. Die oorslaap was 'n aangename verblyf.
Des 2023
Wolf-dieter V
Saam met lewensmaat
4.6
Ons sal 'n plan maak om weer daar oor te slaap. N' soete nagrus en 'n warm bed. Dis al wat 'n mens op pad nodig het.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Louis Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 84

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Smidstraat 14, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Gaste dink Art Deco Villas het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R900 R630
per nag, vir 2 mense
Vanaf R900
R900 R630
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smidstraat 14, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjd4DPTArpTmzA5qWtF7OuvXdn5jVSmq4R1u3WnF353YpQgUfPg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R630 per nag, vir 2 mense 84 5 1 5 14 Smid Street Middelburg 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -31.49633 25.01113

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang