Asch House
Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Keurkloofweg, Robertson, 6705, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 300R2 805 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Aan die hange van die Arangieskopberg in Robertson, sowat 10 minute buite die dorp op 'n grondpad, skuil 'n pragtige plaashuis uit die 1890's met 'n ou Karoo-gevoel, Asch House. Dit is ideaal vir 'n groot gesin of 'n groep vriende, want dit spog met vrede en rustigheid.
Gaste kan die Manor House vir 4 gaste bespreek of die Garden Cottage vir 4 gaste byvoeg. Die Manor House het 2 slaapkamers met 'n dubbelbed en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n tweede badkamer. Beide badkamers het 'n stort en 'n bababedjie is beskikbaar.
Die Garden Cottage is 20 m vanaf die Manor House en kan saam of apart bespreek word. Dit het 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n aparte toilet. Die 2 slaapkamers het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens onderskeidelik. Die kothuis het nie 'n kombuis nie, maar wel 'n koffiestasie.
Die hoofhuis beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, -oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die leefarea het 'n knus sitarea met 'n kaggel en 'n biblioteek wat na 'n ruim eetarea lei. Gratis WiFi is beskikbaar.
Boonop is daar 'n binnebraaikamer met 'n sithoekie, etenstafel en 'n klavier en 'n kitaar vir musiekentoesiaste. Voor die huis is daar 'n lang voorstoep met 'n etenstafel en sitplek. Die huis het ook 'n swembad.
Die ruim agtertuin is heeltemal omhein om gaste se honde veilig te hou.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
- Privaat swembad
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Kaggel
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Jolize Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 4 maande
Ligging
- Keurkloofweg, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Gaste dink Asch House het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Robertson Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Keurkloofweg, Robertson, 6705, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang