Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Asemskep

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
3.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Reta M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

Stil en rustig. Lieflike groot huis met 'n mooi uitsig van die stoep af. Uiters goed toegerus, aandag geskenk aan elke moontlikheid. Buks was baie vriendelik en reelings met Beulah was moeiteloos en flink. Ons honde het die groot grasperk geniet en kon lekker oral rondsnuffel. Die huis was ook heerlik warm toe ons wakker geword het, selfs met die ligte sneeuval buite. Let wel, daar is geen selfoonopvangs in die erf of 'n hele ent se ry weg nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andries W
1 nag Gesin met tieners
5.0
Mrt 2022

Fantasties. Uitstekende geriewe en ligging.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Beulah
Asemskep
Hi Andries, dankie en hoop julle kom gou weer. Groete, Beulah.

Marlize F
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Jan 2022

Fantasties! Beulah is 'n wonderlike gasvrou! Ons het heerlik gerus en sal graag terug gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Beulah
Asemskep
Hi Marlize, baie dankie. Ons wag vir julle. Groete, Beulah.

Kurt F
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.2
Des 2022

Peaceful, tranquil and refreshing. Asemskep is the perfect place to reset. Getting away from the influences of society. No internet, no television, no distractions. But emergency connections are available. I would like to go again when it is snowing.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Beulah
Asemskep
Hi Kurt, thank you for your review. I will contact you immediately when it snows.

Lanel K
Kort verblyf
4.2
Des 2022

Stilte, skoonheid en asemskepplek. Stilte, sterre, skoonheid en saligheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
1.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Beulah
Asemskep
Hi Lanel, baie dankie en ons hoop om julle weer te sien. Groete, Beulah.

Org V
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2020

Rustig en stil, veilige plaasverblyf in groot ou plaashuis en goeie waarde vir geld. Dit was presies wat ons nodig gehad het na 'n deurmekaar 2020. Groot ou plaashuis met breë gang, groot kamers en al die geriewe wat nodig is vir 'n lekker rustige plaaswegbreek. Die binnebraai was 'n groot pluspunt, want dit het omtrent elke aand gereën Dit was wonderlik om ook nie selfoon sein te hê by die huis nie, maar indien jy 'n vinnige of noodoproep moet maak is daar sein sowat 500 m weg van die plaashuis. Beulah het ons baie vriendelik ontvang en sekergemaak ons het alles wat ons nodig het en weet waar alles is en hoe alles werk. Ons is selfs oorgenooi vir 'n drankie na haar en Buks se huis en ons het heerlik gekuier en gesels. Dit het 2 van die 3 dae gereën wat fantasties was om te beleef in die Karoo. Ons het dus nie die swembad gebruik nie. Lekker bergfietsroetes op mooi plaaspaaie in beide rigting vanaf die plaashuis.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Beulah
Asemskep
Dankie Org Dit maak my hart warm as ons gaste hulle tydjie hier geniet, ons is so dankbaar vir die reën, julle sal weer moet kom kyk hoe mooi groen ons karoo nou is. Beulah

Liz S
Kort verblyf Saam met vriende
3.4
Des 2020

Groot ou plaashuis met uisig oor 'n stuk land met spilpunt en berge. Die grondpad vanaf die N9 tot Asemskep is baie sleg, Vanaf Nieu-Bethesda is daar geen aanwysings nie en geen sein vir Google Maps nie. Baie verlate, het geen voertuig teegekom nie.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
2.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

David R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2019

Afgesonder, skoon en alle geriewe. Baie veilig in ou opgeknapte plaashuis. Stilte en vrede met oop ruimtes. Huis is skoon en netjies. Eienaars baie gasvry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Beulah
Asemskep
Baie dankie David ons hoop om julle sommer gou weer te sien!

Lizette V
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Des 2019

Dit voel soos tuiskoms. Als is perfek skoon netjies. Ouwêreldse mooi. Spesiale kersversierings gemaak. Heerlike warm plaaskos! Beulah is 'n bondeltjie vreugde. Sy doen die ekstra moeite. Die mooiste kersversierings uitgehaal en vir ons die kersliggies aangesit. Die ou bome op die werf moet honderde jare oud wees, hul deursnit is seker meer as 2 meter. Na meer as 1000 km vir die dag was dit heerlik om warm Karooplaas kos te kon eet en vroeg in 'n lekker skoon bed in te kon klim.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Beulah
Asemskep
Baie dankie Lizette, altyd lekker om nuwe mense te ontmoet en te akkommodeer! Hoop ons sien julle weer!

Micky T
Kort verblyf
4.8
Des 2018

Behoorlike Karoo-plaaservaring! Wat 'n beautiful ervaring! Groot en ruim binne, bietjie werk nodig buite, maar die omgewing is asemrowend. Beulah en Buks se gasvryheid was ongeëwenaar. Ons kinders en honde het dit terdeë geniet!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Beulah
Asemskep
Dankie Micky

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Beulah Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
Vanaf R5 460
per nag, vir 13 mense
Vanaf
R5 460
per nag, vir 13 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm / Plaas Heydon, , Middelburg, 5900, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYwM2U5ODkzLTgwYzAtNDFjZC1iNjUyLWU4NDZhYjAwYjNmYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 460 per nag, vir 13 mense 12 5 1 5 Farm / Plaas Heydon Middelburg District 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -31.612472497828 24.671254026455

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang