Asher's In The Strand
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Beers-straat 138, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R1 850 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Asher's In The Strand is 'n selfsorg-vakansiehuis 1 blok van Strand se Gouemyl af. Gaste kan lekker langs een van die Wes-Kaap se veiligste en skoonste strande wandel. Die huis is só ingerig dat gesinne of vriende lekker saam kan kuier. Die huis is ook troeteldiervriendelik. Gaste moet asb. vooraf navraag doen oor die troeteldierbeleid.
Let asb. dat geen musiek, partytjies of harde geraas toegelaat word nie. Indien die bure kla oor harde geraas, geskree, musiek of partytjies sal gaste die perseel onmiddelik moet verlaat en die res van die verblyfkoste en breekskadedeposito verbeur.
Die huis bied slaapplek aan 12 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 1 dubbelstapelbed en 1 tripelstapelbed (enkelbed bo en dubbelbed onder). Daar is 2 dubbelslaapbanke in die leefarea en dis geskik vir kinders.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n waskamer. Die eetarea het sitplek vir 12 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n slim-TV teen die muur met DStv, onbeperkte WiFi en Netflix Premium-pakket.
Daar is 'n kaggel, buitebraai op 'n stoep, 'n splinternuwe swembad en 'n groot voortuin met 'n boomhuis, sandput, klimtou, 'n basketbal-doelring en 'n swaai waar kinders kan speel. Gaste het toegang tot parkeerplek vir 5 voertuie. 'n Hoë grensmuur, alarmstelsel en geslotekringtelevisiekameras Ek smaak die huis baie veilig en privaat.
Dis in 'n stil buurt langs die Lourensrivier geleë en die pragtige Strand Gholfklub, Somerset Mall, Strand Waterworld en 'n verskeidenheid doendinge is naby.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
1 x Tripelstapelbed
Leefarea
2 x Kinderbank vir 2
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Op Die Straat
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Clinton Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 56
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- De Beers-straat 138, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink Asher's In The Strand het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: De Beers-straat 138, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang