Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

At 29 Columba

Gastehuis

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.2
Veiligheid
4.4
Derek W
Kort verblyf
5.0
Apr 2021

Excellent establishment! Marlie was a wonderful host and I was very comfortable in the self-catering unit.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marelie
At 29 Columba
Baie dankie Derek vir die "review". Waardeer! Bly jy was tevrede.

Jacob Philip D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2019

Dit was fantasties! Baie vriendelik ontvang, gasvryheid van die beste! Ons verblyf was baie aangenaam met 'n asemrowende uitsig oor Groot-Brak en die rivier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marelie
At 29 Columba
Beste Jacob, Baie dankie dat julle At 29 Columba gekies het vir julle verblyf. Ek is ook baie bly dat julle jul verblyf geniet het. Julle kan gerus meer dikwels hier kom uitrus en ontspan. Vriendelike groete, Marelie

Jerome D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Jan 2019

Dit was fantasties. Ek het vir die eerste keer as 'backpacker' gewoon. My vrou kon nie lekker aanpas met die beperkte ruimte nie. Ek sal weer so wil kuier.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Marelie
At 29 Columba
Good day Jerome, Baie dankie vir jou resensie. Onthou om volgende keer betyds te bespreek, dan kan julle in die B&B tuisgaan, daar is baie meer ruimte en ook ten volle ingerig. Vriendelike groete

Esme E
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Des 2019

Die B&B is 'n baie netjiese oornagplek in 'n mooi omgewing. Ons was teleurgesteld in die ligging van die B&B aangesien die see nie loopafstand is vanaf die bly plek soos aangedui op die webtuiste nie. Daar is ook een helse opdraand indien jy sou besluit om te voet die strand/see te gaan besoek vir jou terugstap. Die Backpacker-eenheid is vreeslik knap en het my man sy hele skouer oopgeskaaf teen die voetstuk van die TV teen die muur omdat die area so nou is en moet hy teen die bed verbyskuur om die badkamer te besoek. Die toilet/badkamer is so klein dat een van ons in die kombuisarea gaan afdroog en aantrek aangesien twee mense nie gelyktydig in die kamer kan beweeg nie.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Marelie
At 29 Columba
Jammer dat julle die verblyf ongemaklik gevind het, maar soos die naam aandui, is die verblyf eintlik bedoel vir jong mense wat met 'n rugsak reis, goedkoop wil bly en nie vir lang tydperke oorbly nie. Die afstand na die strand is so 5-minute se stap, met 'n paar trappe en 'n duin af na die strand, waarvoor jy sekerlik oor 'n mate van fiksheid moet beskik, anders is die strand se parkeerplek so 600m vanaf die woning.

Danette L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2018

Ek sal verblyf ten sterkste aanbeveel. Ons het in die rugsakreisigers deel gebly. Dit is regtig baie oulik en goed ingerig. Ons het soveel gasvryheid ontvang. Ons kon heerlik braai en sonder spanning kuier. Alles is netjies en skoon. Baie mooi uitsig. Gevoel soos 'n huis weg van die huis af.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marelie
At 29 Columba
Beste Danette, baie dankie vir jou positiewe resensie.

Helena D
1 nag
5.0
Mrt 2017

Pragtige plek, veilige area, eienaar baie gasvry. Gastehuis is perfek geleë, met pragtige uitsig oor GBR. Die fasiliteit self is hoogs aan te beveel en ek was vriendelik ontvang deur die eienaar (en haar hondekind). Sal definitief aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marelie
At 29 Columba
Baie dankie Helena, Ek en Tjokkie het jou kort besoekie geniet. Sal jou/julle graag weer en meer dikwels wil ontvang.

Keith H
1 nag Saam met lewensmaat
2.2
Jan 2017

Baie ongemaklik. Ons was in die back packers kamer ingeboek. Dit was baie klein. Die bed was 'n "sleeper couch". Die matras was kliphard en die bed baie laag op die vloer vir twee ou mense. Die badkamer was baie, baie klein. Die water toevoer na die stort en toilet was totaal onaanvaarbaar - daar was instruksies hoe om die krane en spoeltoilet te gebruik sowel as 'n verskoning teen die badkamermuur geplak. Die water uit die kraan in die kombuis was ondrinkbaar sleg. Nie R500 werd nie. Die back packer kamer is beslis nie vir seniors bedoel nie.

Netheid
4.0
Diens
1.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0
Marelie
At 29 Columba
Ek is regtig jammer dat dit vir u ongerieflik was. Ek sou graag wou weet wie u is. Ek weet nie of die ander mense wat daar gebly het dalk nie die waarheid gepraat het nie maar, almal het gesê hulle het lekker gebly en party het selfs gesê hulle kom terug. Ek het baie seker gemaak almal weet wat hulle bespreek het en dat dit wel bedoel is vir mense wat goedkoop wil slaap en met 'n rugsak toer. Indien u op die web blad sou ingaan en meer lees oor die plekkie sou u ook sien dat daar baie mooi verduidelik word. Ook aan mense wat my gebel het, het ek verduidelik dat dit klein is en nie geskik is vir ouer mense nie. Dit is nie deel van my bed en ontbyt nie. Soos ek alreeds gesê het, het ek dit op die laaste minuut ingesit vir bespreking, omdat mense nie kon plek kry nie. Ek nooi u vriendelik uit om een nag, gratis, in my gastehuis deel te kom bly en vra dat u in die toekoms sal seker maak voordat u plekke bespreek. Ek is in die proses om 'n geskikte bed te laat maak.

Anonieme gas
Kort verblyf
1.6
Jul 2017

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
1.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0

Jakkie L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2016

Heerlik gebly met uitstekende ligging. Baie lekker gebly met baie goeie diens en vriendelike behulpsame mense.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marelie
At 29 Columba
Baie dankie, Jakkie, Waardeer jou insette, vir iemand wat meer as een nag in die backpackers geslaap het en ook nie meer bloedjong studente is nie. Ek bied vir jou en jou vrou ook 'n gratis nag aan in die gastehuis. Julle moet net asb. betyds bespreek.

Engela C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2016

Was baie lekker en gasvryheid word waardeer. Wonderlik gekuier en gasvrou was baie behulpsaam en vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Marelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 2 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Columba-sirkel 29, Suiderkruis, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfdc71c4079b80d635e1cbc1a91f1720de540d8d3dba65bb4af04e9c141939666b5a59ccf7e0ed4145a6ee37262390b5b9192?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 2 mense 17 5 1 5 29 Columba Circle Southern Cross 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.057446666968 22.224173445765

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang