At 4 Umzumbe, Mangrove Beach Estate
Kry 30% af vir verblyf voor 22 Februarie 2025. Bespreekbaar tot 29 Des 2024
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Mangrove Beach Estate, Melville Strand, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 250R875 per nag (plek vir 6) -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
At 4 Umzumbe, Mangrove Beach Estate is 'n pragtige woonstel in die rustige Banana Beach-area naby Port Shepstone aan die KwaZulu-Natalse Suidkus. Dit is ideaal vir gaste op soek na 'n wegbreek ver van die gedruis van die stad. Die eenheid het 'n onderdakstoep met 'n 180 grade-uitsig oor die Indiese Oseaan die golwende suikerrietplantasies. Hier kan gaste hulself verloor in die verfrissende seebries en prag van die kusplantegroei.
Die eenheid is op die eerste verdieping en beskik oor 3 slaapkamers. Die woonstel het smaakvolle dekor met 'n kus-tema. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Die twee voorste slaapkamers lei na 'n vollengte balkon met 'n see-uitsig selfs vanuit die bed. Elke kamer het wit hotelkwaliteit-perkallinne en donsige beddens. Die leefarea en hoofslaapkamer het lugversorging.
Die oopplan-kombuis het granietoppervlaktes en is met 'n yskas, vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe en eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser.
Die sitarea het knus sitplek en 'n HD-TV met die volle DStv Premium-pakket en 'n DVD-speler. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar. Die leefarea het stapeldeure wat lei na 'n onderdakstoep met meubels, braaigeriewe en 'n mooi uitsig.
Mangrove Beach Estate het 24 uur-sekuriteit, 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, 'n gimnasium, speletjieskamer en wasgoedgeriewe. Dit is ook net 100 m se stap deur 'n aangrensende oord tot by die pragtige strand van Banana Beach.
Gaste kan At 4 Umzumbe, Mangrove Beach Estate gebruik as basis om die Suidkus te verken. Daar is talle besienswaardighede en restaurante in die nabyheid. Gaste kan visvang of die rotspoele verken by Banana Beach. Die getypoel is uitstekend vir gaste van alle ouderdomme selfs gedurende hooggety. Die strand het ook lewensredders oor naweke en vakansies.
4 Umzumbe word omring deur vakansie-oorde en hier kan gaste waarlik ontspan.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Lucinda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 47
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Mangrove Beach Estate, Melville Strand, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
- Gaste dink At 4 Umzumbe, Mangrove Beach Estate het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Melville Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Mangrove Beach Estate, Melville Strand, Port Shepstone, 4240, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang