Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

At 85 on Church

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 85, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Vanaf R945 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

At 85 on Church is naby restaurante, winkels, kunsgalerye en besienswaardighede in Prins Albert geleë. Dis in 'n pragtige groot tuin met 'n swembad.

Die verblyf beskik oor die hoofhuis met slaapplek vir 8 gaste en die tuinkothuis met slaapplek vir 3 gaste. Die kothuis en die huis kan saam of apart bespreek word.

Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers met toegang tot die groot stoep en 3 badkamers. Die kombuis is vir selfsorg toegerus en gaste kan hul maaltye in die eetkamer of op die stoep by die braai geniet. Die sitkamer het 'n kaggel en 'n TV met DStv-gesinspakket. WiFi is beskikbaar.

Die tuinkothuis is oopplan en het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, 'n stapelbed, 'n bad agter 'n skerm en 'n aparte toilet en wasbak. Die oopplan-leefarea het 'n kombuis, eetarea, sitarea en WiFi. Daar is ook lugversorging en 'n kaggel.

Daar is 'n tuin, swembad en 'n buitebraai op die perseel. Gaste is welkom om van die kruie in die kruietuin of vrugte van die bome te pluk. Daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Gaste kan op die Swartbergpas gaan ry of deur die dramatiese Meiringspoort ry op pad na Oudtshoorn vir 'n daguitstappie.

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 76 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Louise D
Saam met vriende
5.0
Quite, peaceful, lots of space for the 5 of us. Elize is a great manager of the place. Beautiful place, well managed, well equipped.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Johan B
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer 85 on Church se kothuisie gebruik. Was lekker in hierdie pragtige, rustige plekkie. Somer by die middedorp. Skoon, netjies, gerieflik en mooi...
Sien meer
Okt 2024
Anna-marie E
Saam met lewensmaat
5.0
Beste waarde vir geld ooit. Dit is die pragtigste plek met die beste fasiliteite, het al ons verwagtinge oortref.
Okt 2024
Belinda P
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful stay and really enjoyed our visit to Prince Albert. Lovely stay. The room was very comfortable and had everything we needed. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Matthew P
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful, well located cottage. Beautiful little cottage with everything you need for a self-catering stay. Very good location in town...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Marie-Claire Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 76

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Kerkstraat 85, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink At 85 on Church het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 945
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 945
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 85, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZmNTJiNDg2LTY1NWYtNGI1MS1iNWIyLWUxYzYyZTQzNTc5NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R945 per nag, vir 2 mense 76 5 1 5 85 Church Street Prince Albert 6930 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.222183633265 22.029175758362

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang