Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

At Nature's Door

Selfsorg

Resensies

2/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
1.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
1.0
Veiligheid
1.0
Theunis S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.0
Okt 2024

Ons het nie lekker geslaap nie. Mooi plek in mooi ligging. Maar dit is waar die goeie punte stop. Met ons aankoms was die gasvrou ongeskik asof ons haar gepla het om op 'n Sondagmiddag daar aan te kom. Die inleiding dat ons die alarm in die aand moet aansit omdat daar insidente was, het ons nie gerusgestel vir 'n rustige kuier in Grayton nie. Die huis het 'n ordentlike skoonmaak nodig - veral die kombuis. Die breekware kort ook aandag aangesien dit lyk of die eienaar al die enkel koppies en borde wat erens oorgebly het, hier gelos het - of dit by 'n tweedehandse winkel opgetel het. Niks het bymekaar gepas nie en heelwat van die kombuisware was 'gechip'. Ons het meestal uitgegaan vir ete omdat ons nie gemaklik was om in die kombuis kos te maak nie. Daar was konstruksie by die natuurreservaat se ingang, en die kontrakteurs het boumateriaal op die erf gestoor en in die oggende vroeg het hulle krag ook by die huis kom inprop - ons was nie hiervan in kennis gestel nie. Ons het die laaste aand van ons verblyf ander slaapplek in die dorp gaan soek, want deur die dag het daar tuindienste opgedaag en die werkers het heelwat in die vensters ingeloer om te sien wat ons doen en wie daar is, soveel dat ons nie meer gemaklik gevoel het om die aand daar te slaap nie. Sal die plek definitief nie aanbeveel aan enigiemand nie.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

2/5

Andrew Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R3 300
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Parkstraat 133, Greyton, 7233, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf60c6c37cf83ae5a120147e290736caee4ab557493f8ac37914b85e90d26bc7ad0aa4194fa915563ce8757ac6c0f8c6c7633?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 300 per nag (plek vir 8) 1 5 1 2 133 Park street Greyton 7233 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.038433018566 19.614278547481

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang