Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

At Whale-Phin Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Grysbok Laan, , Distr Mosselbaai, 6503, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 220 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

At Whale-Phin Guest House is 14 km uit die dorp weg van al die gewoel, in die veilige en rustige woonbuurt Reebok geleë. Geniet die ongerepte uitsigte oor die Indiese Oseaan en "Fynbos"-natuurreservaat langs Whale-Phin. Van jou kamer, balkon of sondek sien walvisse in seisoen, dolfyne en baie tuinvoëls regdeur die jaar. Whale-Phin is 5 min. stap weg van ons skoon en veilige strand.

By Whale-Phin Guest House is gebou op drie vlakke, die eienaars bewoon die boonste vlak. Die middelvlak bestaan uit drie en suite-slaapkamers, eetkamer en balkon. Twee kamers met 'n pragtige see-uitsig het uitgang na die balkon. Alle kamers is volledig toegerus, insluitend TV's, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n kroegie. Die onderste 2 kamers, met tuiningange, is selfsorg-eenhede wat ook vir B&B gebruik word, albei het see-uitsigte en direkte toegang tot die sondek.

At Whale-Phin Guest House bied jou draadlose internet-, e-pos-, faks- en kredietkaartgeriewe. Ons is naby twee goeie restaurante, een met sy tradisionele Afrikaner-kombuis en die ander restaurant perfek vir lekker eet. 'n Gratis pendeldiens is beskikbaar na sommige van die restaurante in die dorp.

Ons is geleë 14km vanaf Mosselbaai middedorp, 25km vanaf George lughawe, 95km vanaf Knysna en 82km vanaf Oudtshoorn. Dit maak Whale-Phin die ideale basis vanwaar jy die Tuinroete kan ontdek.

10 km vanaf Whale-Phin kan jy 'n wildsafari op 'n privaat wildreservaat geniet. Ontmoet die grootwithaaie in hul eie omgewing terwyl haaihokduik. In die walvisseisoen, Julie tot November, neem die walvisboot en gaan tot 50 m van die vriendelike seereuse af of vaar net om Seal Island met sy 2000 plus robbe. Mosselbaai is ook bekend vir die watersport en sy skoon en veilige strande. Geniet ook perdry, voetslaan, rekspring, 4x4 en vierwielmotorfietsritte. As jy moeg is vir al hierdie dinge, neem die dag af, ontspan op die strand of doen net niks.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Louis & Joy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • 8 Grysbok Laan, , Distr Mosselbaai, 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink At Whale-Phin Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 220
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 220
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Grysbok Laan, , Distr Mosselbaai, 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA28d492f5173c4fc0e485fbe584bdf19cd5272e0b12b21c30af1efa356dbf289f4b1350fa3eb89ce0bdc0418489bb47089c1d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 220 per nag (plek vir 2) 38 5 1 5 8 Grysbok Avenue Reebok 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.081863939806 22.157342433929

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang