Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

ATKV Hartenbos

  • Kapasiteit: 742 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Saldahna-laan, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R812 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

ATKV Hartenbos is op die bekende Tuinroete, tussen Kaapstad en Gqeberha (Port Elizabeth). Die oord is sowat 11 km vanaf Mosselbaai en 40 km vanaf George Lughawe.

Verskeie verblyfopsies is beskikbaar, insluitend selfsorg-eenhede, rondawels, kothuise, luukse hotelkamers en strandhuise. Al die selfsorg-eenhede het eetgerei, breekware en beddegoed. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oord spog met verskeie ontspanningsgeriewe, 'n restaurant, kitskosrestaurant, winkel en 'n binne- en buiteswembad. Daar is ook verskeie doendinge, soos putt-putt, trampoliens, die ATKV Hartenbos Museum en 'n speletjieskamer. Gaste kan 1 van Hartenbos se unieke staproetes langs die strand geniet. Dié roetes bestaan uit marmerblokke met uittreksels vanuit Afrika-digkuns.

Daar is ook konferensiegeriewe met plek vir 100 afgevaardigdes.

ATKV Hartenbos is die ideale basis vanwaar die verskeie trekpleisters in die area verken kan word, insluitend die Cango Grotte, Dias Museum, Kaap St. Blaize Vuurtoring, Botlierskop Privaat Wildreservaat, volstuisplase en Meiringspoort.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Strandtoegang

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 459 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Sonja B
Saam met vriende
5.0
Bederf gevoel met wit beddegoed en koffie stasie. Heerlik met 'n pragtige see uitsig.
Feb 2025
Madeleine S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gerieflik naby alles. Rustig, ontspannend en veilig. Daar kan dalk net heeltyd lewensredders aan diens wees. Heerlike strand om te stap.
Feb 2025
Cornel V
Gesin met klein kinders
5.0
Perfekte verblyf. Super netjiese en meer as genoeg spasie. Baie veilig, baie stil en baie netjiese verblyf met meer as genoeg spasie.
Feb 2025
Nico B
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic. Enjoyable, close to the beach and facilities.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Amelia G
Saam met lewensmaat
5.0
Die eenheid was baie netjies, bekostigbaar en genoegsaam. Die verblyf sowel as kliëntediens was uitstekend.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

ATKV Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 2564

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Saldahna-laan, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink ATKV Hartenbos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 812
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 812
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 742 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Saldahna-laan, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1400b23c18a1c82f6321fa39dfae221ef3ea9d03e1efe97c955ecdd3c19d39bb6e238062873f5c973d84776889b441649fc3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R812 per nag (plek vir 2) 459 5 1 5 Saldahna Avenue Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.124986278094 22.112355225277

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang