Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Augrabee's

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Augrabiesstraat 14, Erasmuskloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Augrabee's is 'n knus woonstel wat aan die hoofhuis grens in Erasmuskloof, Pretoria. Die woonstel bied gerieflike oornagverblyf aan 3 gaste.

Die woonstel het 'n aparte slaapkamer met ‘n koningingrootte-bed. ‘n Enkelbed is in die leefarea beskikbaar. Die aparte badkamer het ‘n bad en ‘n stort.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, lugbraaier, eetgerei, Nespresso-koffiemasjien en breekware toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n gemaklike rusbank, 2 stoele en 'n TV met DStv-kanale. WiFi is ook beskikbaar.

Die verblyf bied veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis en 'n privaat ingang.

Die ligging in Constantia Glen Sekuriteitsdorp verseker 'n veilige en rustige omgewing wat gerieflik naby Mediclinic Kloof Hospitaal, Cure Daghospitaal, Cintocare Privaat Hospitaal, Castle Walk, Castle Gate, Time Square Arena en Menlyn-inkopiesentrum. Dit is ook na aan Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Garsfontein.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

1

1 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
DStv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Raymond E
5.0
Dit was pragtig, gerieflik en netjies. Dit was pragtig en baie netjies. Ons sal hulle beslis aanbeveel.
Des 2024
Trevor D
5.0
Baie netjies en veilig. Die plekkie is nuut, skoon, veilige parkering, baie goeie kommunikasie ontvang met my bespreking en baie goed ingerig.
Nov 2024
Danie D
Saam met lewensmaat
5.0
Dit is 'n groot voorreg om hier te kon bly. Sal definitief weer. Fantasties. Het my verwagting oortref.
Nov 2024
Bok E
Saam met lewensmaat
5.0
Goed geslaap, goeie geriewe, meer as wat verwag is. Baie lekker, dankie, naby hospitaal.
Nov 2024
Sandra E
Saam met lewensmaat
5.0
Puik waarde vir geld. Pragtige blyplek. Heerlike goed toegeruste woonstel met alles wat jy nodig het en nog meer. Super netjies en keurig gemeubileer....
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Tersia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Augrabiesstraat 14, Erasmuskloof, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Augrabee's het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Augrabiesstraat 14, Erasmuskloof, Pretoria, 0181, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3d30f0a4ebb957c3b5b26ca0221e535703c2746dce4ff8506eb7ce6b3264a4ff3baeffc86f2139d9fa476a5b2823a44f0212?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 3) 12 5 1 5 14 Augrabies Street Erasmuskloof 0181 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -25.81366470676 28.270959452518

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang