Avemore Eikehof No 23
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 28, Sentrale Stellenbosch, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Vanaf R2 990 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Avemore Eikehof No 23 is 'n volledig toegeruste selfsorgwoonstel wat die ideale ligging in die geskiedkundige hartjie van Stellenbosch bied. Dié private woonstel bied aan gaste die geleentheid om die unieke karakter en rustige gevoel van Stellenbosch te ervaar. Dit is die ideale woonstel vir gaste wat op soek is na veilige blyplek wat stapafstand van al die restaurante en galerye is. Die eenheid is ook ideaal vir sakereisigers of ouers wat hul kinders op universiteit wil besoek.
Die binnekant van die woonstel is liefderik opgeknap en pragtig ingerig om aan gaste 'n ontspanne, gerieflike wegbreek te bied. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat oorgetrek is met skoon linne.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien-tuimeldroër-kombinasie vir gaste se gerief. Gedurende kragonderbrekings sal die stoof nie werk nie, maar daar is 'n gaskookplaat. Die woonstel het lugversorging en gratis WiFi. Gaste kan op die ruim, privaat balkon ontspan en kyk hoe verbygangers onder verbyloop. Gratis kelderparkeerplek vir 1 voertuig is beskikbaar en die gebou het 'n hysbak.
Daar is 'n rugsteunkragstelsel om die impak van beurtkrag te verminder. Alle Avemore-woonstelle is gesinsvriendelik en gaste is welkom om die bestuurder te laat weet sou hulle 'n kot, babastoeltjie of bad vir kleintjies benodig. Die eienaars het 'n klein olyfplaas genaamd Le Verger in Devonvallei wat 'n pragtige swembad en braai-area bied wat gaste van die dorp welkom is om te gebruik.
Avemore Eikehof No 23 is in Sentraal Historiese Stellenbosch geleë, stapafstand van toprestaurante, oulike kafees, luukse boetieks en kunsgalerye af.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Elana Geverifieer
Eiendomme 23
Resensies 128
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Kerkstraat 28, Sentrale Stellenbosch, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink Avemore Eikehof No 23 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stellenbosch Sentraal Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 28, Sentrale Stellenbosch, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang