Avemore Jan Cats 2
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Kerk- en Andringa-straat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Vanaf R2 900 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Avemore Jan Cats 2 is in die ou historiese kwartier van Stellenbosch geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde woonstel in die hartjie van die historiese Stellenbosch.
Dié woonstel beskik oor 2 slaapkamers, waarvan een 'n koningingrootte-bed en die ander een 'n koningingrootte-bed het en 2 en suite-badkamers wat elk 'n met 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Daar is ook 'n oopplan-leefarea en -kombuisarea. Die slaapkamers is smaakvol versier en het elektriese komberse, haardroërs, 'n sluitbare kluis en lugversorging. 'n Bababedjie, -stoeltjie of -bad kan op versoek gereël word.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien/tuimeldroër en 'n Nespresso-masjien toegerus. Die leefarea beskik oor pragtige dekor en meubels. Die sitarea het gemaklike sitplek en deure lei na 'n balkon met buitemeubels. Veilige parkeerplek word vir 1 voertuig voorsien en die gebou het 'n hysbak. Die verblyf het 'n rugsteunkragstelel en 'n gasstoof is ook tydens beurtkrag beskikbaar.
Benewens winkels en restaurante is Avemore at Jan Cats ook naby internetkafees, sypaadjiekafees, bistro's, cappuccino- en wynkroeë, asook die Eikestad Mall en die Universiteit Stellenbosch. 'n Lys van wonderlike wynplase en restaurante kan met gaste gedeel word indien hulle wynplase wil besoek. Gaste kan Leverger besoek om die swembad te gebruik.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Elana Geverifieer
Eiendomme 23
Resensies 128
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Hoek van Kerk- en Andringa-straat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Gaste dink Avemore Jan Cats 2 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stellenbosch Sentraal Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Kerk- en Andringa-straat, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang