Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Avemore Jan Cats No 3

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 25, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 890 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Avemore Jan Cats No 3 is in die ou, historiese deel van Stellenbosch en bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n smaakvol versierde tweeslaapkamer-woonstel met 2 badkamers.

Daar is 'n rugsteunkragstelsel vir gebruik tydens beurtkrag.

Hierdie woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-leefarea en -kombuisarea. Elke slaapkamer het lugversorging, ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n toilet en wasbak. Die eerste slaapkamer het deure wat na die balkon lei.

Die kombuis is ten volle toegerus met ’n skottelgoedwasser, ’n wasmasjien-tuimeldroër en ’n Nespresso-masjien. Die leefarea het pragtige dekor en ’n TV waar gaste met hul eie Netflix-profiel kan aanmeld. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is stoepdeure wat na ’n balkon met meubels lei. Veilige parkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar en die gebou het ’n hysbak. 'n Gasstoof is ook tydens beurtkrag beskikbaar.

Gaste kan in Kerkstraat afstap en die bekroonde restaurante van Stellenbosch op die proef stel.

Alle Avemore-woonstelle is gesinsvriendelik en gaste is welkom om die bestuurder te laat weet sou hulle 'n kot, babastoeltjie of bad vir kleintjies benodig.

Die eienaars het 'n klein olyfplaas genaamd Le Verger in Devonvallei wat 'n pragtige swembad en braai-area bied wat gaste van die dorp welkom is om te gebruik.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Karien G
Gesin met tieners
5.0
Die woonstel is stapafstand van alles. Jy is in die 'huzz & buzz' van Stellies. Ligging is fantasties!
Apr 2024
Michelle R
Gesin met tieners
5.0
Comfortable and well located. Very comfortable apartment and very well located. Parking is a bit tight, and not easy to navigate, but t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2023
Chanelle R
4.8
Heerlik warm en gemaklik daar gebly. Het baie veilig gevoel. Sien julle weer! Ons het die blyplekkie vreeslik baie geniet. Baie mooi dekor en gemaklik...
Sien meer
Jul 2024
Evert P
Gesin met tieners
4.8
Ons kon rus en net ons batterye laai en snuffel tussen die restaurante. Ons het 'n fantastiese tyd gehad by Avemore Jan Cats No 3. Die verblyf was uit...
Sien meer
Jul 2024
Noelle H
Saam met lewensmaat
4.4
Lovely apartment with all the amenities and beautifully appointed. Great stay - lovely apartment - centrally located with all the ameni...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Elana Geverifieer

Eiendomme 23

Resensies 129

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Kerkstraat 25, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Avemore Jan Cats No 3 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 890
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 890
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 25, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA280e89e99b099c9b37129562a7c188c56482da31eba9cd3e0998e11a2772bbbc602578eba1133712978e21bc0ef233019d67?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 890 per nag (plek vir 4) 6 5 1 5 25 Church Street Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.938147642667 18.861358617181

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
2526272829301234567891011121314151617181920212223242526272829303112345
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
2526272829301234567891011121314151617181920212223242526272829303112345