Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Avós Home

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St. Catherines-weg 26, Plumstead, Kaapstad, 7800, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Avo's Home is 'n lieflike selfsorghuis in Kaapstad wat sentimentele waarde dra. Dit is in 'n oulike woonbuurt in die Suidelike Voorstede, Timour Hall, geleë en is ideaal vir gesinne en vriende.

Dié 3-slaapkamerhuis bied gerieflike slaapplek vir 6 gaste op 'n slag. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer is elk ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die derde slaapkamer 'n dubbelbed het. Hierdie kamers deel die gebruik van 2 badkamers, een met 'n bad, stort, wasbak en toilet, en die ander een met 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die ruim kombuis is die hart van die huis en die perfekte plek om te kook en te onthaal. Dit is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Dit is oopplan na die sitkamer en beskik oor 'n etenstafel waar gaste hul maaltye kan geniet. Dit is ingerig met gemaklike rusbanke en 'n TV en het 'n knus kaggel.

Buite is die swembadarea, wat jou koel sal hou gedurende die somerdae. Gaste kan op die stoep ontspan deur die seil op warm dae te laat sak. Die braai langs die swembad is beskikbaar vir gaste, so ook die kruie wat regdeur die tuin geplant is. Die swembad is nie toegemaak nie so moet asseblief nie klein kinders sonder begeleiding in die swembadarea los nie. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel vir 2 motors in die oprit.

Die verblyf is net 'n hanetreetjie weg van 'n pragtige natuurpark en die rustige Doordrift Greenbelt.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Eulalia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • St. Catherines-weg 26, Plumstead, Kaapstad, 7800, Wes-Kaap
  • Gaste dink Avós Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St. Catherines-weg 26, Plumstead, Kaapstad, 7800, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe7d6d69eef7a95a08837ebdaf6674136aa7d77f2cc706a4a817274356597b1f2f325ed1daad8f65e899472cc408d7818606b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 26 St Catherines Road Plumstead 7800 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -34.0214804 18.4619388

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang