B & S se Plekkie
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 13 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moll-straat 6, Parys, 9585, Vrystaat
- Vanaf R675 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
B & S se Plekkie is in Parys en bied gerieflike verblyf vir 'n gesin of 'n groep vriende. Die verblyf is naby verskeie winkels, Parys se gholfbaan, Suspension Bridge 1919 en verskeie restaurante.
Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede, die hoofhuis en 'n aparte kothuis. Die hoofhuis het slaapplek vir 11 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed. Een van die kamers het 'n bykomende enkelbed en die ander kamer het 'n slaapbank. Daar is bad- en stortgeriewe in die huis.
Die hoofhuis se kombuis is met 'n gasstoof, 2 yskaste, 'n mikrogolf, elektriese ketel, lugbraaier en 'n wasmasjien toegerus. Die leefarea het gemaklike rusbanke voor die TV en gaste kan maaltye rondom die etenstafel met 8 stoele geniet. Die huis het ook 'n ingeboude braai.
Die oopplan-kothuis het slaapplek vir 2 gaste op 'n dubbelbed en daar is 'n kombuisie en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Gaste kan van die gedeelde braaigeriewe op die perseel, asook die swembad gebruik maak. Daar is ook WiFi en veilige parkeerplek.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Resensies
Wat gaste dink
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Sarita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Moll-straat 6, Parys, 9585, Vrystaat
- Gaste dink B & S se Plekkie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Parys Noordelike Vrystaat Vrystaat
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 13 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Moll-straat 6, Parys, 9585, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang