B'Guest House
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Hannelie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 10 jaar
Opsomming van Resensie
Combrinck L - Jul 2024
Algehele gradering
Gemaklik, sentraal en ideaal vir 'n oornagplek.
B'Guest House se terugvoer
Beste Combrink,
Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ons is bly dat jy die verblyf by ons geniet het en dat ons fasiliteite aan jou verwagting voldoen het.
Ons verwelkom jou graag terug.
Groete,
Hannelie
Cora M - Jul 2024
Algehele gradering
Heerlik het oorgeslaap na die rugby en gastehuis loopafstand van Loftus af!
Sonica B - Apr 2024
Algehele gradering
Baie gerieflike, veilige plek.
Madie E - Mrt 2024
Algehele gradering
Rustig! Alhoewel in die middel van die stad.
B'Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer, Madie. Ons is bly ons kon aan julle verwagtings en behoeftes voldoen. Ons hoop om julle gou weer te sien!
Groete,
Hannelie en Elrika
Adriaan O - Feb 2024
Algehele gradering
Sentraal en veilig.
B'Guest House se terugvoer
Baie dankie vir die positiewe terugvoer, Adriaan!
Ons hoop om julle gou weer te sien.
Groete,
Hannelie en Elrika
Jonathan S - Mrt 2024
Algehele gradering
Lekker slaap.
B'Guest House se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer, Jonathan! Ek is bly julle het julle verblyf geniet.
Ons hoop ons sien julle binnekort weer!
Groete,
Hannelie en Elrika
Sandra V - Jun 2024
Algehele gradering
Goed.
B'Guest House se terugvoer
Beste Sandra,
Baie dankie vir jou terugvoer. Dit help altyd as gaste vir ons sê wat hulle ekstra in die kamers sou wou hê om hulle ervaring by ons beter te maak. Jammer oor die beligting in die het die gloeilamp moes geblaas het voor jou aankoms. Vriendelike groete,
Hannelie
Marina F - Apr 2024
Algehele gradering
Geensins 'n goeie ervaring nie.
Lees meerB'Guest House se terugvoer
Beste Marina,
Ek wil graag om verskoning vra dat ons geriewe nie op standard was nie.
Ek was in Botswana tydens julle besoek en het nie persoonlik toesig gehou oor die diens van die kamer nie.
Daar is geen verskoning vir die badmatjie op die vloer nie. Die matjie se leeftyd is al verby, en ek het vir die personeel gesê om hom en soortgelyke matjies uit die sisteem te verwyder. Soos jy kan verstaan, word hulle baie gewas en getuimeldroog, en raak gou verweer. Die badmatjie wat hang is nuut. Sy weef metode toon gapings in en is so gekoop.
Wat die teenwoordigheid van miere betref, blyk dit dat seisoenale uitdagings, veral in hierdie tyd van die jaar, ons eiendom ook beïnvloed. Alhoewel daar geen tekens van miere was tydens die diens van jou kamer nie, verstaan ek die frustrasie wat dit kan veroorsaak. Wees verseker dat ons voortdurend streef om sulke voorvalle te bekamp.
Met betrekking tot die koffiegeriewe, wil ek verduidelik dat ons uitsluitlik Nescafe-koffie in ons kamers voorsien, nie Frisco nie. Ons het egter probleme ondervind om die gewenste sakkies te bekom weens tekortkominge van die verskaffers. Die glashouers, wat deur ons Toerisme Graderingsagent goedgekeur is, dien as 'n alternatiewe oplossing. Daarbenewens verskaf ons nie soetmiddels as 'n standaardgeriewe nie, in oorweging van die uiteenlopende voorkeure en gesondheidskwessies van ons gaste.
Nogmaals vra ek om verskoning vir die negatiewe ervaring wat jy tydens jou verblyf gehad het. Indien jou reise jou weer na Pretoria lei, sal ons graag gratis akkommodasie aanbied as 'n gebaar van welwillendheid.
Met vriendelike groete,
Hannelie Strydom
Zelda P - Apr 2024
Algehele gradering
Die mens is vriendelik, maar geriewe bietjie ongemaklik gewees.
Willem L - Jul 2024
Algehele gradering
Pateties.
B'Guest House se terugvoer
Beste Mnr Louw,
Dit sput my dat u nie 'n goeie ervaring gehad het nie. Die probleem het gekom toe u eerder 'n stort in u kamer wou hê, en die kamer wat u op Lekkeslaap gekies het, het 'n bad met 'n handstort. Ons was vol bespreek met die Rugby toets teen Ierland, en ons kon u dus nie skuif na 'n kamer met 'n stort nie. My bestuurder het u met spyt hiervan ingelig, en verduidelik waarom ons u nie kon skuif nie. Hoe u haar daarna hanteer het, en wat u vir haar gesê het, het my laat besef dat u nou fout gaan vind met alles.
Net ter inligting, die televisie in u kamer is 'n standaard 52 by 32 cm Plat skerm en volgens die grootte van die kamer is dit perfek. Ons het die volgende DSTV kanale nl 101 M-Net, 108,113,114,138,140 (Almal Fliek kanale) 144 Kyknet, Al die SABC kanale, 1,2 en 3, Al die sport kanale en nog vele meer om op te noem!...defnitief nie net 2 kanale nie.
Dit is asof u kommentaar dus nie geloofwaardig is nie..
Ek het u telefonies ook geskakel om u behulpsaam te wees, maar u gesingheid was nie goed nie.
Groete, Hannelie Strydom
Rudi V - Des 2023
Algehele gradering
Netjiese, bekostigbare en goed geleë gastehuis.
B'Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer, Rudi. Ons hoop ons sien julle gou weer!
Dirk V - Aug 2023
Algehele gradering
Het die verblyf baie geniet, dankie. Kamer is skoon en netjies.
B'Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer Dirk. Ek is bly jy het die stort vloer onder ons aandag gebring. Ek maak dadelik werk daarvan. Hoop om julle gou weer by ons te ontvang. Groete, Hannelie
Philip V - Apr 2023
Algehele gradering
Oornag.
Elzabé V - Mrt 2023
Algehele gradering
Rustige verblyf!
B'Guest House se terugvoer
Beste Elzabe,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Ons hoop jou voet herstel 100%, en dat ons julle binnekort weer sal sien, maar nie vir 'n operasie besoek nie.
Beterskap,
Hannelie en Elrika
Sean C - Mrt 2023
Algehele gradering
Great, friendly service.
B'Guest House se terugvoer
Hi Sean, thanks for your positive review. Hope to see you back soon. Regards. Hannelie
Monica B - Mrt 2023
Algehele gradering
Pleasant and friendly staff.
B'Guest House se terugvoer
Hi Monica, so glad you enjoyed your stay. Hope to see you back soon. Regards. Hannelie
Elzabé V - Feb 2023
Algehele gradering
Was rustig en stil. Lekker geslaap.
B'Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer Elzabe.
Ons ondervind tans probleme met water voorsiening vanaf Tshwane munisipaliteit, en ons Flashmaste toilette is afhanklik van die waterdruk. Beurtkrag help nie om die Reservoirs aan te vul met water nie, diè dat die waterdruk so laag is. Jammer vir die ongerief. Ons werk aan 'n oplossing.
Hoop ons om julle gou weer te sien.
Groete,
Hannelie
Hendre J - Aug 2023
Algehele gradering
Heerlike oornagbestemming in sentraal Pretoria!
B'Guest House se terugvoer
Beste Hendre, baie dankie vir die positiewe terugvoering. Dit beteken vir ons baie om te weet dat ons gaste hulle verblyf by ons geniet het.
Ons hoop om julle gou weer te sien. Groete. Hannelie en Elrika
Elmaleine D - Aug 2023
Algehele gradering
Veilig en goed geleë.
B'Guest House se terugvoer
Beste Elmaleine,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer! Ons is bly julle het die verblyf by ons geniet.
Ons hoop om julle gou weer te sien!
Groete,
Hannelie en Elrika
Bernice En Jan P - Mrt 2023
Algehele gradering
Aangenaam en was hartlik ontvang!
B'Guest House se terugvoer
Baie dankie vir die terugvoer.Dit word baie waardeer Hoop om julle gou weer te sien!
Groete, Hannelie
Anonieme gas - Mrt 2023
Algehele gradering
Heidi P - Apr 2022
Algehele gradering
'n Pragtige plekkie naby Loftus.
B'Guest House se terugvoer
Baie dankie vir julle gawe woorde en terugvoer. Ons is bly julle was gemaklik en dat julle die verblyf geniet het. Sien julle gou weer!
Groete,
Hannelie
N.j.meyer M - Jan 2022
Algehele gradering
Uitstekende plek, vriendelike diens.
B'Guest House se terugvoer
Baie dankie Nic, ons is bly jy het 'n goeie ervaring hier by ons gehad!
Gerhardus V - Mei 2022
Algehele gradering
Die fasiliteit is goed onderhou en netjies.
B'Guest House se terugvoer
Beste Gerrie
Baie dankie vir die terugvoer. Ons waardeer altyd opregte kritiek en aanbevelings.
Ons ontbyte word in Buffet styl bedien, maar aangesien gaste voorkeure het t.o.v. hoe hulle hule eiers voorberei wil hê, word dit nie vooraf voorberei en uitgestal saam met die ander kosse nie. Daarom berei ons die eiers vir gaste vooraf en op versoek sodat dit vars is en na hulle persoonlike smaak. Eiers is ook glad nie lekker as dit 'n ruk gestaan en warm gehou word nie. Vrugteslaai, yogurt, ontbytgrane, muffins, brode en smere is ook beskikbaar elke oggend, en gaste kan 2 keer skep sou hulle wou.
Aandetes bestaan uit 'n hoofgereg met bykosse van groente en stysel, 'n slaai, nagereg en 'n drankie van keuse teen R160 per persoon. Dieselfde heveelheid items sal baie duurder by 'n restarant wees, net 'n hoofgereg sal jou R160 uit die sak jaag. Ons aandetes word slegs op versoek voorberei en bedien vir gaste wat nie kan of wil uitgaan na 'n restaurant nie, en word spesiaal vir die gas voorberei. Ons probeer om aan almal se smake en voorkeure te vodoen. Jammer ons het nie aan julle verwagtinge voldoen nie.
Ons hoop om u gou weer by ons te verwelkom.
Groete
Hannelie Strydom
Jolene M - Apr 2021
Algehele gradering
Great place to stay when visiting the Pretoria Eye Institute as it is only 800 m away.
Rosa M - Mei 2021
Algehele gradering
Bestuur baie behulpsaam om spesiale versoeke te akkommodeer.
Mariana B - Okt 2020
Algehele gradering
Lieflike tuin.
B'Guest House se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer Mariana...sal bietjie loer na daai dak waaier...Hoop julle het darem gebruik gemaak van die lugversorger wat heelwat stiller is.
Groete,
Hannelie
Aggie O - Mrt 2019
Algehele gradering
It was comfortable.
B'Guest House se terugvoer
Hi Aggie,
I am so glad you enjoyed your stay with us. We look forward to welcoming you back soon!
Regards,
Hannelie Strydom
Cecilia H - Okt 2018
Algehele gradering
Gerieflik, netjies en personeel baie vriendelik en behulpsaam.
B'Guest House se terugvoer
Beste Cecilia,
Baie dankie vir jou terugvoer. Ons is bly julle het ons gastehuis besoek, en die verblyf geniet. Net jammer die Bokke het nie gewen nie!
Hoop om julle gou weer hier by ons te ontvang!
Groete,
Hannelie en B'Guest span
Coreen M - Jan 2018
Algehele gradering
Waarde vir geld!
B'Guest House se terugvoer
Beste Coreen M,
Baie dankie vir die positiewe kommentaar t.o.v. die verblyf by B'Guest Gastehuis.
Ons sien uit daarna om u weer by ons te ontvang!
Vriendelike groete,
Hannelie Strydom
Natasha V - Okt 2018
Algehele gradering
Organised, neat and cozy.
Hierdie resensie word in sy oorspronklike taal gewys.
Vertaal na Afrikaans.
Georganiseerd, netjies en gesellig.
Het lekker gebly. Dit was gerieflik sonder enige probleme.
Hierdie resensie is vertaal.
Sien oorspronklike in English.
B'Guest House se terugvoer
Dear Natasha,
Thank you for your review. We are glad that you had an enjoyable stay with us! Do come and visit us again!
Regards,
Hannelie and the B'Guest team
Ton V - Aug 2017
Algehele gradering
Die geld wat ons betaal het, was te baie vir die kwaliteit wat ons gekry het.
Lees meerB'Guest House se terugvoer
Beste Ton,
Dit is jammer dat jy ontevrede hier weggestap het, sonder om u klagtes met my, die bestuurder op te neem. Ek sou graag persoonlik daaraan aandag wou gee as ek van u griewe of probleme kennis gedra het kon ek dalk alternatiewe akkommodasie aan u voorstel. U het al voorheen hier tuis gegaan, en geweet waaroor ons fasiliteite beskik en hoe groot ons kamer is. Die kamer wat u gekies het, is ons familie kamer en dus nie geskik vir 3 volwasse mense wat op 'n besigheids reis is nie. My aanbeveling sou wees dat u 3 enkel kamers eerder gekies het om aan u behoeftes te voldoen. Ons kon ook die yskassie vir u leeg gemaak het sodat u kos daarin kon berg. Ek vra om verskoning dat die bad se warm kraan nie sterk gevloei het nie, ons het daaraan aandag gegee. Wat die verhitting betref, kan u kan seker verstaan dat die krag uit kan sny indien daar 'n hele paar elektriese toebehore in een vertrek gelyktydig gebruik word. Dit is net 'n veiligheids maatreël om te keer dat die elektrisiteit nie oorbelaai word, en dalk 'n brand veroorsaak nie. Ons strewe by B'Guest House daarna om die beste diens en fasiliteite aan ons gaste te verskaf en u terugvoer is vir ons belangrik.
Wentzel V - Okt 2016
Algehele gradering
Die verblyf was "soos om in jou eie huis te bly".
B'Guest House se terugvoer
Beste Wenzel,
Groot waardering vir die terugvoer!
Ek is bly julle het lekker gebly by ons, en is seker dit was 'n fees in Pretoria na die Bokke se wen oor die Aussies, jammer hulle kon dit nie gister reg kry nie. Hoop ons sien julle gou eer,
Groete,
Hannelie Strydom
Michael S - Apr 2016
Algehele gradering
'n Baie netjiese plek wat veilig is en goeie diens lewer. Dit is ook baie sentraal geleë!
Stanley S - Mrt 2016
Algehele gradering
Not good at all.
Lees meerB'Guest House se terugvoer
Dear Stanley,
I am sorry to hear about the problem you experienced on your visit with us. I must apologize for the inconvenience caused due to the function. The staff should have made sure that your parking was not blocked. The function should have been over by 16:00, but the Guests overstayed there welcome.
As with regards to Breakfast, the week end times for Breakfast differ from the week days, and is from 7:00. It still was not acceptable, as my staff was not ready by 7:30. I will look into the matter and definitely make sure that it doesn't happen again. You are welcome to contact me for a complementary stay in future.
Kind regards,
Hannelie Strydom ( Owner/Manager)
Esau R - Sep 2014
Algehele gradering
Die personeel was vriendelik en die akkommodasie was van hoogste gehalte.
Elsabe P - Sep 2014
Algehele gradering
Lieflik!
Frikkie B - Mrt 2014
Algehele gradering
Lekke!
Christelle B - Mrt 2014
Algehele gradering
Baie, baie aangename mense!
Theo V - Des 2014
Algehele gradering
Een baie fijn verblijf, aardige mense, die heel behulpsaam waren.
Boetie J - Mei 2014
Algehele gradering
Pragtige plek, onveilige area.
- Kapasiteit: 19 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 751 Park Straat, , Pretoria, 0083, Gauteng
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang