Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

B'Guest House

Gastehuis

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.3
Combrinck L
1 nag
5.0
Jul 2024

Gemaklik, sentraal en ideaal vir 'n oornagplek. Ons het hier kom oorslaap om die rugby op Loftus te kyk, en dit was die ideale blyplek. Stapafstand van die stadion en die Loftus Park-sentrum. Die kamer was netjies en gerieflik, en die yskas vol drinkgoed was 'n welkome verrassing. Ons was vriendelik ontvang en die diens was goed. Volgende keer sal ons beslis weer hier oorslaap!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hannelie
B'Guest House
Beste Combrink, Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ons is bly dat jy die verblyf by ons geniet het en dat ons fasiliteite aan jou verwagting voldoen het. Ons verwelkom jou graag terug. Groete, Hannelie

Cora M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Heerlik het oorgeslaap na die rugby en gastehuis loopafstand van Loftus af! Ons het heerlik gebly en het alles gehad wat nodig was! Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sonica B
1 nag Gesin met tieners
5.0
Apr 2024

Baie gerieflike, veilige plek. Baie gerieflike blyplek loopafstand van Loftus af.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Madie E
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Rustig! Alhoewel in die middel van die stad. Alhoewel dit letterlik net oornag was, kan ek maar net oordeel oor die netheid en stylvolle kamer waarin ons was. Netjiese kamer en heerlik geslaap. Dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hannelie
B'Guest House
Baie dankie vir jou terugvoer, Madie. Ons is bly ons kon aan julle verwagtings en behoeftes voldoen. Ons hoop om julle gou weer te sien! Groete, Hannelie en Elrika

Adriaan O
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Sentraal en veilig. Ons tweede keer daar, baie lekker en skoon en sentraal geleë, naby die middestad, en Loftus en Tukkies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hannelie
B'Guest House
Baie dankie vir die positiewe terugvoer, Adriaan! Ons hoop om julle gou weer te sien. Groete, Hannelie en Elrika

Jonathan S
1 nag Gesin met klein kinders
4.8
Mrt 2024

Lekker slaap. Dit was lekker en ons sal weer daar bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hannelie
B'Guest House
Baie dankie vir die terugvoer, Jonathan! Ek is bly julle het julle verblyf geniet. Ons hoop ons sien julle binnekort weer! Groete, Hannelie en Elrika

Sandra V
1 nag Saam met lewensmaat
3.6
Jun 2024

Goed. Klein goedjies soos beligting by die badkamerspieël was 'n probleem en dit was nie baie skoon agter stoele in die slaapvertrek nie. Verder 'n voorstel om die inligtingslêer stappe aan te dui van hoe om met die TV en DSTV te werk te gaan. 'n Was- en afdroogvadoek sal ook handig wees.

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
Hannelie
B'Guest House
Beste Sandra, Baie dankie vir jou terugvoer. Dit help altyd as gaste vir ons sê wat hulle ekstra in die kamers sou wou hê om hulle ervaring by ons beter te maak. Jammer oor die beligting in die het die gloeilamp moes geblaas het voor jou aankoms. Vriendelike groete, Hannelie

Marina F
1 nag Saam met lewensmaat
2.4
Apr 2024

Geensins 'n goeie ervaring nie. Die gastehuis word aangedui as 'n 4-stêr, maar ek betwyfel daardie gradering sterk na aanleiding van alles wat ons ervaar het. Gehawende badkamer- en stortmatjies. Goedkoop koffie in 'n houertjie. Geen versoeter vir koffie/tee - slegte bruinsuiker aangebied (in 'n houer). Bed en kamer was oortrek met swart miere. Die "vreedsame" waterfontein is nie in werking nie. Geen mandjie met peuselhappies soos beskryf.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0
Hannelie
B'Guest House
Beste Marina, Ek wil graag om verskoning vra dat ons geriewe nie op standard was nie. Ek was in Botswana tydens julle besoek en het nie persoonlik toesig gehou oor die diens van die kamer nie. Daar is geen verskoning vir die badmatjie op die vloer nie. Die matjie se leeftyd is al verby, en ek het vir die personeel gesê om hom en soortgelyke matjies uit die sisteem te verwyder. Soos jy kan verstaan, word hulle baie gewas en getuimeldroog, en raak gou verweer. Die badmatjie wat hang is nuut. Sy weef metode toon gapings in en is so gekoop. Wat die teenwoordigheid van miere betref, blyk dit dat seisoenale uitdagings, veral in hierdie tyd van die jaar, ons eiendom ook beïnvloed. Alhoewel daar geen tekens van miere was tydens die diens van jou kamer nie, verstaan ek die frustrasie wat dit kan veroorsaak. Wees verseker dat ons voortdurend streef om sulke voorvalle te bekamp. Met betrekking tot die koffiegeriewe, wil ek verduidelik dat ons uitsluitlik Nescafe-koffie in ons kamers voorsien, nie Frisco nie. Ons het egter probleme ondervind om die gewenste sakkies te bekom weens tekortkominge van die verskaffers. Die glashouers, wat deur ons Toerisme Graderingsagent goedgekeur is, dien as 'n alternatiewe oplossing. Daarbenewens verskaf ons nie soetmiddels as 'n standaardgeriewe nie, in oorweging van die uiteenlopende voorkeure en gesondheidskwessies van ons gaste. Nogmaals vra ek om verskoning vir die negatiewe ervaring wat jy tydens jou verblyf gehad het. Indien jou reise jou weer na Pretoria lei, sal ons graag gratis akkommodasie aanbied as 'n gebaar van welwillendheid. Met vriendelike groete, Hannelie Strydom

Zelda P
Kort verblyf Gesin met tieners
1.8
Apr 2024

Die mens is vriendelik, maar geriewe bietjie ongemaklik gewees. Die dubbelbed was baie ongemaklik, van na middel. Die ligte het nie almal gewerk nie. Daar was net 2 handdoeke en ons was 3. Shampoo houer het nie gewerk nie.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
2.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0

Willem L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
1.4
Jul 2024

Pateties. Nie goed gebly, slegte reuk in die kamer, toilet lek, TV so groot soos 'n skoenboks met 1 of 2 kanale, ek het die indruk gekry dat die kamer nie skoon was nie, en die bed lyk asof dit uit 1652 dateer!

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
2.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0
Hannelie
B'Guest House
Beste Mnr Louw, Dit sput my dat u nie 'n goeie ervaring gehad het nie. Die probleem het gekom toe u eerder 'n stort in u kamer wou hê, en die kamer wat u op Lekkeslaap gekies het, het 'n bad met 'n handstort. Ons was vol bespreek met die Rugby toets teen Ierland, en ons kon u dus nie skuif na 'n kamer met 'n stort nie. My bestuurder het u met spyt hiervan ingelig, en verduidelik waarom ons u nie kon skuif nie. Hoe u haar daarna hanteer het, en wat u vir haar gesê het, het my laat besef dat u nou fout gaan vind met alles. Net ter inligting, die televisie in u kamer is 'n standaard 52 by 32 cm Plat skerm en volgens die grootte van die kamer is dit perfek. Ons het die volgende DSTV kanale nl 101 M-Net, 108,113,114,138,140 (Almal Fliek kanale) 144 Kyknet, Al die SABC kanale, 1,2 en 3, Al die sport kanale en nog vele meer om op te noem!...defnitief nie net 2 kanale nie. Dit is asof u kommentaar dus nie geloofwaardig is nie.. Ek het u telefonies ook geskakel om u behulpsaam te wees, maar u gesingheid was nie goed nie. Groete, Hannelie Strydom

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Hannelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
Vanaf R950
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R950
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 751 Park Straat, , Pretoria, 0083, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcd2b07b7440e8fa997efa8baa04ea0e028567fd8f1bc5cd0ec7e5c8f4e39e37b48dd8d6608b868623b01cb69a4a8ba9c7c1c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag, vir 2 mense 41 5 1 5 751 Park street Arcadia 0083 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.750291836428 28.217875236891

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang