Goeiedag. Ons is baie hartseer om te verneem van jou ondervinding. Ons gaan uit ons pad om dit so lekker as moontlik vir al ons gaste te maak. Die munisipale water is 90% van die tyd op 'n hoë standaard, maar dit gebeur van tyd tot tyd dat dit 'n bietjie stof bevat veral na pype gebars het.
Die stortdeur is afgehaal om 'n oopplan stort te skep om sodoende alle kliënte te kan akkomodeer om gemaklik die stort te kan gebruik. 'n Vierkantige stortkop is opgesit om die spat van water te beperk en 'n matjie voor die deur om die water op te vang.
Die uitklok tyd was vooraf aan u gekommunikeer en u het dit so aanvaar. Ons maak gebruik van 'n kontrakteur wat verskeie huise skoonmaak, en ons gee hulle genoegsame tyd om voor te berei vir die volgende gaste.
Ons telefoonnommer word oral op die eiendom beskikbaar gestel, en dit gebeur dat gaste ons vra om later uit te boek. As daar nie opvolg gaste is nie, het ons geen probleem nie, maar u het nooit daardie oproep gemaak nie.
Die "inverter" is daar vir die gaste se gerief omdat Marloth Park gereeld kragprobleme ondervind. Dit voorkom dat gaste in die donker sit en die yskaste nie afloop nie. As dit geraas het was dit omdat daar 'n probleem met die elektrisiteit toevoer was en die "inverter" dus ingeskop het . Na verdere ondersoek het ons vasgestel dat dit nie die "inverter" was wat geraas het nie, maar die voorafbetaal meter van die jacuzzi omdat die elektrisiteit opgebruik was wat verskaf is. Daar word genoeg krag op die voorafbetaal meter gelaai om die jucuzzi een maal warm te maak. Daarna is dit vir die gas se eie koste en dit was ook so vooraf gekommunikeer op ons dokumentasie.
Ons eiendom is in 'n natuurreservaat en diere vrylik rondloop tussen die huise. Dit is dus moontlik dat hulle nadat ons skoongemaak het, weer oor die stoep kon loop. Daar is ook 'n groot boom voor die huis vir skaduwee wat gedurig blare afgooi. Dit is dus net nie moontlik om 24 uur per dag te vee nie.
Dit spyt ons dat u ervaring nie na wense was nie, maar ons is spyt dat u nie die oproep gemaak het om ons van u griewe te vergewis nie, want ons nommer word oral verskaf en ons gaan altyd uit ons pad om iets te verbeter of uit te sorteer.