Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Badensfontein

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R318, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Badensfontein is 'n pragtige plaas in 'n rustige omgewing net sowat 5 km buite Montagu, een van die dorpies langs die skilderagtige Roete 62. Dit is die ideale plek om te ontspan en die natuur te geniet. Hier kan gaste luilekker op die plaas rond wandel of lang ente in die veld of wingerd gaan stap.

Verblyf is beskikbaar in 5 smaakvol versierde, luukse kothuise genaamd Ruby, Merlot, Ribbok en Steenbokkie. Elke eenheid is volledig toegerus met selfsorggeriewe. Van die eenhede het lugversorging, 'n TV met DStv, 'n sitarea en 'n braai-area.

Daar is 2 privaat luukse tente in die bos by Badensfontein. Elke tent is volledig ingerig vir selfsorg met 'n kombuisie met 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel, induksiestoofplaat, Nespresso-koffiemasjien en braaigeriewe. Daar is nie 'n oond nie. Elke luukse tent het sy eie privaat badkamer met 'n stort en lugversorging. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Ons is ook trots om geriewe vir verskeie geleenthede en funksies te bied. Cabriéres is 'n unieke kelder wat uit die 1800's dateer en opgeknap is om te dien as die ideale plek vir funksies, konferensies en werkswinkels. Dit is tussen die pragtige Keisie en Koo-pas geleë en kyk uit oor die wingerde met die majestueuse Langeberge in die agtergrond. Ons kan 60 - 80 afgevaardigdes akkommodeer in 'n klaskamer-uitleg en sowat 140 in 'n teater-uitleg. Laat ons weet wat jou behoeftes is en ons sal vir die res sorg!

Die perseel het ook 'n swembad en parkeerplek. Doendinge in die omgewing sluit bergfietsry, kloofklim, abseil, valskermsweef, visvang, voëlkyk en bootvaart op die Breederivier in. Daar is ook wyntoere in die Breederiviervallei.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 109 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Tania B
Gesin met tieners
5.0
Enjoyable. Peaceful, comfortable.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Benita J
Gesin met klein kinders
5.0
'n Tuiskoms vir moeë reisigers! Ons het vir 2 aande oorgeslaap, oppad Kaap toe. Alles in die huisie was perfek! Heerlik geslaap, volledige toegeruste ...
Sien meer
Apr 2024
Joe H
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik gebly. Die rustigheid en pragtige uitsig is 'n tonik vir die siel. Sien sterre.
Jan 2024
Jerome Z
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend. Ons as gesin het 'n fantastiese naweek beleef by Badensfontein. Die plekkie is baie netjies, ruim en bied alles wat jy nodig het vir 'n ru...
Sien meer
Nov 2023
Lynette V
Gesin met klein kinders
5.0
Badensfontein was 'n juweel in die winter. Ongelooflike mooi landskap en heerlik stil. Ons het heerlik fietsgery en gedraf of op die grondpaaie van Ba...
Sien meer
Jul 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Sankie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 109

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • R318, Montagu, 6720, Wes-Kaap
  • Gaste dink Badensfontein het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R318, Montagu, 6720, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc2df6cb1ef5573b93aae172be871e7208f3a72fce87dd68edb4f8783ede49b579848c7c72daa3f1852d253d7db54422834f7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2) 109 5 1 5 R318 5 km outside of Montagu 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.742397482359 20.104799013119

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang