Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Badfontein Guest Farm and Camping

  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Badfontein, Aliwal Noord, 9750, Vrystaat
  • Vanaf R350 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Badfontein Guest Farm and Camping is 'n plaas aan die oewer van die Oranjerivier, net 'n 15 km se ry vanaf Aliwal-Noord. Dié gasteplaas bied gerieflike selfsorgverblyf en kampeerplek met 'n salige atmosfeer, lieflike sonsondergange oor die rivier en 'n skouspelagtige sterrehemel saans.

Ons bied verblyf in 3 selfsorg-eenhede: 'n tuinkothuis met 2 slaapkamers, 'n kothuis met 1 slaapkamer, en 'n tweeslaapkamerwoonstel. Elke eenheid het sy eie kombuis en badkamer, en toegang tot braaigeriewe. Gaste is welkom om te swem in die swemgat op die plaas en daar is 'n hele paar veldpaadjies om te verken.

Hengelaars en voëlkykers kan ook hul stokperdjies op die plaas beoefen. Gaste wat die rotskuns wil besigtig is welkom om 'n afspraak te maak.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
Grondpad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Jana B
5.0
Privaat, netjies en skoon met alles wat jy by jou eie huis nodig het. Die atmosfeer is baie rustig en baie privaat. Sannelie het ons met ope arms verw...
Sien meer
Jan 2025
Yolanda S
Gesin met tieners
5.0
Baie oulik langs Oranjerivier. Baie gasvrye mense. Unieke "rots" swembad. Sien sterre.
Jan 2025
Willem P
Gesin met klein kinders
5.0
Vrystaat skoonheid. Dit was 'n wonderlike en rustige ervaring op die plaas oppad JHB toe na 'n besige vakansie. Baie dankie vir al jou moeite.
Jan 2025
William T
Saam met lewensmaat
5.0
A gem! Very enjoyable. The hosts were super friendly and made us feel very welcome.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Drikus J
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig. Dis 'n fantastiese plekkie, rustig en stil. Volgende keer boek ek meer aande.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Sannelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Badfontein, Aliwal Noord, 9750, Vrystaat
  • Gaste dink Badfontein Guest Farm and Camping het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 350
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 350
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Badfontein, Aliwal Noord, 9750, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRjOTQ5Mzc1LTMyYTMtNDYyMS1iZmE3LTE2NTdiZjdmNDEyNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R350 per nag (plek vir 4) 22 5 1 5 Badfontein Aliwal North 9750 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -30.653017616313 26.546474397182

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang